Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Sonskyn

Gastehuis
  • Kapasiteit: 9 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Belloystraat 2, Bloubergstrand, 7441, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 500 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Sonskyn is reg op die strand in Blouberg geleë en is al vir vyf generasies in dieselfde familie se sorg. Dié huis is in 1895 gebou. Kom geniet die klank van die golwe wat teen die rotse reg voor die huis breek, begin jou dag met 'n koppie filterkoffie, terwyl jy die lieflike uitsig oor die Atlantiese Oseaan en van Tafelberg in die verte geniet.

Verblyf is beskikbaar in 1 standaardkamer en 2 kamers wat na die seefront kyk. Die standaardkamer het 'n en suite-badkamer. Elkeen van die seekantkamers het ’n en suite-badkamer. Die onderste een is ingerig met 'n koninggrootte-bed en 'n enkelbed, en die boonste een het 'n koninggrootte-bed, asook 2 enkelbeddens. Die gastehuis bied gratis WiFi, sekere DStv-kanale en veilige parkeerplek.

Kom ervaar skouspelagtige sonsondergange uit die gemaklike sitarea, terwyl jy 'n glasie sjerrie geniet. Wandel langs die strandpaadjie deur die ou dorp verby 3 bekende restaurante, waarvan die een, Ons Huisie, 'n tradisionele Weskus-visserhuisie en ook ’n nasionale monument is. Ander doendinge in die omtrek sluit vlieërbranderry, seilplankry en swem by Big Bay se strand in, en gholfspelers het 'n keuse van 2 bekende gholfbane, Atlantic Beach en Milnerton se gholfklub wat sowat 10 minute se ry ver is. Die Canal Walk-winkelsentrum is ook net 10 minute se ry van Sonskyn af.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • ADSL-lyn
  • 24-uur Ontvangs
  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Braaiplek
  • Portier
  • Gastesitkamer
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Persoonlike Kluis
  • Satelliet-TV
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Kamerbediening
  • Ontbyt
  • Tee

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Kontant

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 38 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
4.9
Waarde vir geld
4.7
Diens
4.9
Veiligheid
4.7
Wat gaste dink
Arina D
5.0
It felt like my mother's home. The best ever guesthouse for business people. Feels like your own home with no disturbance from other gu...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Aug 2024
Marnes P
Saam met lewensmaat
5.0
Friendly, clean, accommodating, above and beyond! Hospitality like no other! What an amazing host! We felt like we were visiting family...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Aug 2024
Monia V
Gesin met klein kinders
5.0
Wat 'n pragtige "homey" plek. Ons het lanklaas so lekker gebly op 'n plek. Dit was soos om by 'n familielid te kuier (van wie jy hou). Kan nie wag om ...
Sien meer
Jul 2024
Antonette R
Saam met lewensmaat
5.0
Ons het ingestap as vreemdelinge en dadelik soos familie gevoel. Die beste gastehuis wat daar is. Dit het soos huis gevoel met 'n gasvrou om van te dr...
Sien meer
Jun 2024
Marius W
Saam met lewensmaat
5.0
Ons sal Sonskyn beslis aanbeveel. Uitstekende ligging. Netjies, 'n belewenis. Puik verblyf. Sal beslis weer gaan.
Mrt 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.8/5

Christina Geverifieer

Eiendomme 4

Resensies 41

Op LekkeSlaap 7 jaar

Ligging

  • Belloystraat 2, Bloubergstrand, 7441, Wes-Kaap
  • Gaste dink Sonskyn het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R1 500
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R1 500
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 9 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Belloystraat 2, Bloubergstrand, 7441, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAd77e3dd9a66738f62135e5d9e8e38962ee4427ad4b4359836cbe419691fd38f3c263a5f4e7cff2545d3b625b8d6a0a3f044e?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 500 per nag, vir 2 mense 38 5 1 5 2 Belloy Street Bloubergstrand 7441 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-21:00 10:00 -33.804080117829 18.462407217791

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang