Sonyador Guesthouse
- Kapasiteit: 16 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Beechcraft-laan 43, Impala Park, Boksburg, 1459, Gauteng
- Vanaf R900 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Sonyador Guesthouse is in die rustige noordelike voorstad Impala Park in Boksburg geleë. Dit is ideaal naby die N12-hoofweg geleë wat van Johannesburg na Witbank in Mpumalanga gaan.
Die gastehuis het 8 dubbelkamers wat elkeen beskik oor en suite-badkamers en perkallinne. Ses van die kamers bied toegang tot 'n veranda wat oor die tuin en verhitte swembad uitkyk. Die kamers het elkeen 2 driekwartbeddens of 'n dubbelbed, afhangende van jou behoeftes. Kinders van alle ouderdomme is welkom en 'n ekstra bed kan ook gereël word.
Die kamers by Sonyador bied elkeen koffie- en teemaakgeriewe, 'n yskassie, 'n mikrogolfoond, 'n plafonwaaier, 'n TV met plaaslike kanale, WiFi, 'n haardroër en 'n lessenaar of spieëltafel met goeie beligting. Die gastehuis het ook 'n sitarea, ekstra komberse, 'n verwarmer vir koue winteraande, teëlvloere en dubbel-glasuurvensters.
Sonyador Guesthouse het 'n tuin wat pragtig onderhou word met 'n skoon, verhitte swembad, 'n grasdak-lapa met 'n kroeg, 'n vuurmaakplek, braaigeriewe en 'n pooltafel.
Maaltye by Sonyador Guesthouse sluit Engelse of Kontinentale ontbyt in die gemeenskaplike sitkamer in en aandete, middagete of kospakkies kan op versoek voorsien word. Klein vergaderings, ontbyt, tee en konferensies vir tot 25 mense kan hier gehou word indien vooraf gereël.
Verder bied die gastehuis 24 uur-geslotekringtelevisie in die sitkamer, veilige parkeerplek, 'n kinderoppasserdiens indien vooraf gereël, en 'n wasgoeddiens indien vooraf gereël. Daar is 24 uur-ontvangs om jou by te staan met pendeldienste na en vanaf die lughawe, verskeie bestemmings of om meer inligting oor toeristebestemmings en besprekings in die area te voorsien.
Kenmerke
Geriewe
- ADSL-lyn
- 24-uur Ontvangs
- Lughawe-pendeldiens Op Versoek
- Kinderoppasser Op Versoek
- Swembad
- Braaiplek
- Gastesitkamer
- Kombuisgeriewe
- Wasgoeddiens
- Geen Rook Binnenshuis
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Voëlkyk
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Maaltye Aangebied
- Kamerbediening
- Ontbyt
- Aandete
- Aandete Op Versoek
- Middagete
- Piekniekmandjies Op Versoek
- Tee
- Etes Op Versoek
Konferensiegeriewe
- Internet
- Televisie
- Plek vir tot 20 afgevaardigdes
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- American Express
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.3/5
Brenda Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 7
Op LekkeSlaap 8 jaar
Ligging
- Beechcraft-laan 43, Impala Park, Boksburg, 1459, Gauteng
- Gaste dink Sonyador Guesthouse het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Impala Park Boksburg Johannesburg Gauteng
- Kapasiteit: 16 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Beechcraft-laan 43, Impala Park, Boksburg, 1459, Gauteng
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang