X3 on Goose Valley Golf Estate
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Goose Valley Gholf-landgoed, langs die N2, Woonstel X3, Plettenbergbaai, 6600, Wes-Kaap
- Vanaf R1 900 per nag (plek vir 6)
Beskrywing
X3 on Goose Valley Golf Estate bied gemaklike selfsorg verblyf in 'n stylvolle drieslaapkamer-woonstel wat op die Goose Valley Gholf-landgoed in Plettenbergbaai geleë is.
Die woonstel beskik oor 3 slaapkamers wat slaapplek aan 6 gaste bied. Daar is 2 slaapkamers met 'n koningingrootte-bed en die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens. Bad-, sowel as stortgeriewe is beskikbaar.
Die woonstel het 'n oopplan-kombuis en 'n leefarea. Die kombuis is vir selfsorg toegerus met 'n yskas, oond, stoof, gasplaat, mikrogolfoond, lugbraaier, ketel en broodrooster. Daar is ook 'n wasmasjien en 'n toonbank met stoele. Die sitarea het 'n slim-TV met volledige DStv, Netflix en WiFi.
Daar is 'n omskakelaar wat die ligte en TV tydens beurtkrag aan sal hou.
Die leefarea lei na 'n lieflike stoep met 'n buitetafel en -stoele, asook 'n ekstra yskas.
Die woonstel is deel van die eerste blok langsaan die gemeenskaplike swembad waarin families en kinders lekker kan baljaar. Op die landgoed is daar ook tennisbane, muurbalbane, 'n Gary Player-gholfbaan, 'n gholfwinkel en 'n restaurant.
Kamer-opset
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Badkamer
Stort, Toilet
Badkamer
Bad, Toilet
Kenmerke
Geriewe
- Kroeg
- Swembad
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Restaurant op Perseel
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Swem
- Tennis
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- 24-Uur Sekuriteit
- Onderdakparkering
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Meer oor dié eenheid
- Nie rook
- Patio
- Privaat ingang
Dienste
- Koordlose internet
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Stort
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Haardroër
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Ekstras
- Kroegyskas
Vermaak
- Boeke en tydskrifte
- Eksklusiewe dstv
- Tv
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.8/5
Wendy Geverifieer
Eiendomme 9
Resensies 18
Op LekkeSlaap 3 jaar
Ligging
- Goose Valley Gholf-landgoed, langs die N2, Woonstel X3, Plettenbergbaai, 6600, Wes-Kaap
- Gaste dink X3 on Goose Valley Golf Estate het ’n baie goeie ligging
Sien meer verblyf in Plettenbergbaai Tuinroete Wes-Kaap
- Kapasiteit: 6 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Goose Valley Gholf-landgoed, langs die N2, Woonstel X3, Plettenbergbaai, 6600, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang