Soulsoil
- Kapasiteit: 4 persone
- Geen kinders onder 15
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: King-straat 4, Stanford, 7210, Wes-Kaap
- Vanaf R2 200 per nag (plek vir 4)
Beskrywing
Soulsoil is 'n ruim en rustige Karoo-styl huis met Afrika en Skandinawiese styl dekor geleë in die hartjie van Stanford. Net 'n kort entjie se stap na die rivier en restaurante
Dié huis bied gerieflike slaapplek aan 4 gaste op 'n slag en beskik oor 2 en suite-slaapkamers. Die eerste slaapkamer is ingerig met 'n koningingrootte-bed en beskik oor 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die tweede slaapkamer het 'n koninggrootte-bed en het 'n en suite-stort. Een van hierdie slaapkamers word via die stoep bereik en het geen direkte ingang na die huis nie.
Die oopplan-leefarea beskik oor 'n ruim leef- en eetarea, 'n kombuis wat volledig toegerus is met 'n stoof, oond, mikrogolf, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware asook tee- en koffiemaakgeriewe. Die sitkamer het 'n oop kaggel en 'n TV. Toegang tot gratis WiFi is beskikbaar.
Buite is 'n ruim onderdakstoep met buitesitplek en 'n lang lui middagetetafel wat die perfekte plek skep vir gaste om te ontspan en die rustige atmosfeer te geniet. Braaigeriewe is beskikbaar en daar is 'n plonspoel waar gaste kan afkoel op daardie warm somersdae.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort-oor-bad, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Koninggrootte-bed
Stort, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Ligging
- King-straat 4, Stanford, 7210, Wes-Kaap
- Kapasiteit: 4 mense
- Geen kinders onder 15
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: King-straat 4, Stanford, 7210, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang