Sparrow Hawk Lodge
- Kapasiteit: 24 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: Skuilkloofpad, langs die R512, Hartbeespoort, 0216, Noordwes
- Vanaf R19 680 per nag, vir 24 mense
Beskrywing
Sparrow Hawk Lodge bied gedeelde selfsorgverblyf in en suite-eenhede op 'n plaas in privaat besit aan die voorheuwels van die Magaliesberge. Dis ideaal vir gaste wat op soek is na gerieflike verblyf in 'n stil en rustige omgewing en is sowat 3 km vanaf die Hartbeespoortdam, 1 km vanaf die R512 tussen Pecanwood Landgoed en die Broederstroom-vulstasie in Skuilkloofweg.
Dié lodge is die perfekte plek vir groepbesprekings soos vir reünies, familiesaamtrekke, gholfgroepe en spanbougeleenthede vir maatskappye en besighede.
Sparrowhawk Lodge maak nie voorsiening vir eennagbesprekings oor naweke of op openbare vakansiedae nie, tensy dit vir 'n groepbespreking is of spesiale reëlings getref word.
Ons bied verblyf in 7 smaakvol versierde slaapkamers. Al die kamers het gemaklike beddens en en suite-oopplanbadkamers met 'n bad, stort, wasbak en 'n toilet. Daar is ook 'n yskassie en tee- en koffiemaakgeriewe. Daar is nie TV's in die kamers nie, maar wel in die oopplan-kuierarea. Die kanale sluit flieks, sport, kinderprogramme en nuus (basiese DStv-pakket) in.
Daar is geriewe soos 'n oopplan-gastesitkamer, ’n dek bo met ’n uitsig oor die dam en op die Magaliesberg, 'n groot goed toegeruste gemeenskaplike kombuis, 'n oop boma, 'n draagbare braai, 'n onderdak-braaiplek, 'n swembad, veerpyltjiebord, tafeltennistafel en veilige parkeerplek. Gaste moet asb. hul eie veerpyltjies saambring indien hulle wil speel, asook hul eie swemhanddoeke.
'n Voetslaan-bergroete word aanbeveel vir die energieke, avontuurlustige gas. Van hiér af kan gaste asemrowende uitsigte oor die Hartbeespoortdam en die omliggende omgewing geniet.
Daar is verskeie aktiwiteite in die omgewing, soos warmlugballonvlugte, bootritte, zipline-toere, verfbal, kabelkarretjie, perdry, visvang, 'n jagluiperd-reservaat, leeu- en olifantparke, aap-reservaat, voëlkyk, 'n dieretuin, slangpark, mikrovliegtuigritte, fietsry, wildkyk, bergfietsry en swem, en daar is verskeie restaurante en kroeë 'n kort entjie se ry van ons af.
Alhoewel Sparrowhawk Lodge net 1 km van die hoofweg (R512) af is, raai ons gaste en besoekers aan om versigtig te ry op die grondpad, veral voertuie met 'n lae grondvryhoogte.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Enkelbed / Driekwartbed
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
En suite
2 x Enkelbed / Driekwartbed
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
En suite
2 x Enkelbed / Driekwartbed
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort-oor-bad, Bad, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Enkelbed / Driekwartbed
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
En suite
2 x Enkelbed / Driekwartbed
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
En suite
2 x Enkelbed / Driekwartbed
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Bad, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.7/5
Lawrence Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 22
Op LekkeSlaap 8 jaar
Ligging
- Skuilkloofpad, langs die R512, Hartbeespoort, 0216, Noordwes
- Gaste dink Sparrow Hawk Lodge het ’n baie goeie ligging
Sien meer verblyf in Broederstroom Hartbeespoort Bojanala Noordwes
- Kapasiteit: 24 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: Skuilkloofpad, langs die R512, Hartbeespoort, 0216, Noordwes
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang