Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Speedo's en Crocs

  • Kapasiteit: 18 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Seewierstraat 45, Struisbaai, 7285, Wes-Kaap
  • Vanaf R4 500 per nag (plek vir 18)

Beskrywing

Speedo's en Crocs is in die kusdorpie, Struisbaai geleë. Die huis is 600 m vanaf die hawe en 350 m vanaf die naaste strandfront.

Dié huis het slaapplek vir 18 gaste en beskik oor 6 slaapkamers, 4 badkamers, 2 kombuise en 2 leefareas.

Die grondverdieping het 3 slaapkamers, 'n sitkamer, eetarea en 'n kombuis. Die eerste kamer het 'n ekstra lang koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die tweede kamer het 'n dubbelbed en 'n stapelbed met 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die derde kamer het 'n stapelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die kombuis is met 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolf, ysmasjien, skottelgoedwasser, eetgerei en breekware toegerus. Die eetarea het 'n tafel en ingeboude braaigeriewe. Die sitkamer het 2 enkelslaapbanke en 'n groot platskerm-TV teen die muur met satelliet-kanale. Die verblyf is ook beurtkragvriendelik.

Die boonste verdieping beskik oor 3 slaapkamers, 1 badkamer, 'n leefarea en 'n kombuis. Die vierde kamer het 'n koningingrootte-bed en 'n skuifdeur wat na 'n dek lei. Die vyfde kamer het 2 driekwartbeddens. Die sesde kamer het 'n koningingrootte-bed. Die badkamer het 'n bad. Die leefarea het 2 slaapbanke en 'n TV. Die tweede kombuis is met 'n stoof, yskas-vrieskas, mikrogolf, eetgerei, breekware en 'n skottelgoedwasser toegerus. Daar is 'n ruim dek-area met buitemeubels op die boonste verdieping.

Daar is ook 'n buitebraai, pizzaoond en kuier area onder 'n groot boom, met 'n buitestort.

Gratis optiesevesel-internet is beskikbaar.
Speedo's & Crocs is troeteldiervriendelik.

Kamer-opset

Slaapplek vir 18 mense 6 Slaapkamers 2 Leefareas 4 Badkamers, 3 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koninggrootte-bed

Stort, Toilet

Slaapkamer

En suite

4

1 x Dubbelbed

1 x Stapelbed

Stort, Toilet

Slaapkamer

En suite

2

1 x Stapelbed

Stort, Toilet

Slaapkamer

2

1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer

2

1 x Koningingrootte-bed

Leefarea

2

2 x Enkelslaapbank

Leefarea

2

2 x Enkelslaapbank

Badkamer

Bad, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Wassery naby
Troeteldiere op versoek
TV
Volledige kombuis
DStv
Kaggel
Braai

Resensies

4.7/ 5

Gebaseer op 38 resensies

Uitstekend

Netheid
4.6
Ligging
4.7
Waarde vir geld
4.8
Diens
4.8
Veiligheid
4.8
Gaste se hoogtepunte
Neil F
Gesin met klein kinders
5.0
Seaside fun for the whole family. Good fun. House had a great layout of rooms and amenities.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Feb 2025
Dion F
Gesin met klein kinders
5.0
Enjoyable and awesome memories made. House is very spacious and neat with easy access to the shops and harbour.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Apr 2024
Ninon L
Saam met vriende
4.8
Vir seker 'n vakansie om te onthou! Dit is 'n baie gerieflike huis vir 'n groot groep mense. Spasie is meer as genoeg en alles wat ons nodig gehad het...
Sien meer
Jan 2025
Angelina S
4.8
Fantasies, veilige area, volledig toegerus. Ons het 'n baie lekker naweek gehad. Rustige atmosfeer en area. Sal beslis terugkom.
Mrt 2024
Maureen S
4.8
'n Heerlike vriendelike ondervinding van begin tot einde! Ons het 'n heerlike tyd gehad. Die huis is lieflik sentraal, baie gemaklik, netjies en het a...
Sien meer
Jan 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.7/5

Christine Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 38

Op LekkeSlaap 5 jaar

Ligging

  • Seewierstraat 45, Struisbaai, 7285, Wes-Kaap
  • Gaste dink Speedo's en Crocs het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 4 500
per nag (plek vir 18)
Vanaf
Vanaf R 4 500
per nag (plek vir 18)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 18 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Seewierstraat 45, Struisbaai, 7285, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA3a3647bae4c690b6d1f4e6d94848f135e239f806d93f8dde34d21ccb0c053b7a2a31ef45133d474444e3ed274c22ba20f66d?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R4 500 per nag (plek vir 18) 38 5 1 5 45 Seewier Street Struisbaai 7285 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 11:00 -34.805451 20.056603

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang