Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Sperrgebiet Lodge

  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Soos Gesien op Instagram
  • Kapasiteit: 14 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Sperrgebiet Plaas, Droedap-pad, Springbok, 8240, Noord-Kaap
  • Vanaf R1 000 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Sperrgebiet Lodge is op die plaas Sperrgebiet wat 10 km buite Springbok, 2,3 km vanaf die N7, in die pragtige Namakwaland is. Dit bied verblyf in selfsorgeenhede met grasdakke. Die plaas is tussen berge en koppies bespikkel met kokerbome in die skilderagtige semi-woestyn.

Verblyf word in 6 selfsorgeenhede gebied, waarvan 1 'n gesinseenheid is. Elke eenheid het ’n en suite-badkamer en ’n TV met sekere DStv-kanale, sowel as gratis WiFi. Elke eenheid het ook toegang tot ’n braai-area wat lieflike uitsigte oor die plaas bied. Daar is ’n gemeenskaplike swembad naby die eenhede.

Gedurende die lentemaande sal gaste gereeld die geluide van sprinkane en blaf van die nagakkedisse hoor. Voëlkykers word aangemoedig om hul verkykers saam te bring aangesien die eienaars reeds saam 69 voëlspesies uitgeken het.

Daar is 'n verskeidenheid aktiwiteite in die omliggende omgewing, soos voëlkyk, staproetes, gholfspeel op die gholfbaan naby en bergfietsry. Namaqua Horse Trails bied perdryroetes op 'n plaas naby die instansie en die Goegap Natuurreservaat is ook naby die lodge geleë.

Die eienaars van die 300 hektaar-plaas het hul droom bewaarheid en dié stuk grond 'n paar jaar gelede gekoop om 'n rustige, stil lewe ver weg van die stad se gejaag en geraas te kan lewe.

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Swembad
Troeteldiere op versoek

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 499 resensies

Uitstekend

Netheid
4.7
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.6
Diens
4.8
Veiligheid
4.8
Gaste se hoogtepunte
Roelien V
Saam met lewensmaat
5.0
Puik. Sperrgebied was fantasties met 'n asemrowende uitsig. Huisie netjies en alles was wat mens nodig het. Eienaars vriendelik en behulpsaam.
Feb 2025
Gerhard V
Gesin met tieners
5.0
Veld, stilte, buitengewoon treffende natuur. Ons het die verblyf geniet. Die geriewe was toereikend en die ontvangs baie vriendelik. Die ligging in di...
Sien meer
Feb 2025
Johannes S
Saam met lewensmaat
5.0
Vriendelike en baie behulpsame ontvangs. Heerlik stil en baie goed toegeruste kamer met alles wat jy wil hê. Lugversorger was baie welkom. Mooi uitsig...
Sien meer
Feb 2025
Louisa C
Saam met lewensmaat
5.0
Lekker. Heerlik en rustig gewees.
Jan 2025
Robyne K
Gesin met tieners
5.0
Fabulous stay. Beautiful location, great communication, would definitely stay. Fabulous stay. Beautiful location, great communication, ...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Jan 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Tertius Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 499

Op LekkeSlaap 9 jaar

Ligging

  • Sperrgebiet Plaas, Droedap-pad, Springbok, 8240, Noord-Kaap
  • Gaste dink Sperrgebiet Lodge het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 1 000
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R 1 000
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 14 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Sperrgebiet Plaas, Droedap-pad, Springbok, 8240, Noord-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA9362b53391e6b7539fa6fb2d95188c14e4839132f45084d256fae8d63d0204dfd13b8d6c50c89d8283bf40d7ed65529074af?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 000 per nag, vir 2 mense 499 5 1 5 Farm Sperrgebiet Droedap Road 8240 Noord-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -29.716665447328 17.911850810051

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang