SpiritBird
Kry 30% af vir verblyf wat 30 nagte of langer is. Geldig vir verblyf vanaf 11 Jan 2025 tot 13 Des 2025.
- Kapasiteit: 10 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Meeustraat 19, Kaap St. Francis, 6313, Oos-Kaap
-
Vanaf
R2 000R1 400 per nag (plek vir 4)
Beskrywing
SpiritBird is 'n unieke toevlugsoord wat onafhanklik van die nasionale kragnetwerk is en op die grens van die Kaap St. Francis Natuurreservaat geleë is. Dié reservaat is 'n toevlugsoord vir natuurliefhebbers en voëlkykers en spog met meer as 200 voëlspesies. Die reservaat beslaan 120 ha en spog met 'n 3 kilometer lange kuslyn wat die bedreigde kusduinewoud bewaar. Daar is ook skilderagtige staproetes wat gaste die kasn gee om otters, dolfyne, robbe en selfs walvisse te sien.
Die eko-vriendelike huis bied 'n besonderse gesinswegbreek en spog met 'n asemrowende uitsig oor die duinebos, Kaap St. Francis-strand en die Seal Point-vuurtoring. SpiritBird is in 'n natuurlike bos versteek en beskik oor 'n hoofhuis en 'n kothuis wat apart of saam gehuur kan word. Die hoofhuis het slaapplek vir 6 gaste en beskik oor 2 en suite-slaapkamers en 'n derde oopplan-kamer met 'n aparte toilet. Die kothuis het slaapplek vir 4 gaste en beskik oor 2 slaapkamers en 1 badkamer. Linne en handdoeke word voorsien.
Die hoofhuis en die kothuis het elk 'n oopplan-kombuis wat met 'n yskas-vrieskas, stoof, oond, eetgerei, breekware, tee- en koffiemaakgeriewe en 'n skottelgoedwasser toegerus is. Die kombuise lei na eetareas en sitareas met gemaklike rusbanke en TV's. Die hoofhuis spog met 'n kaggel. Gratis WiFi is vir alle gaste beskikbaar.
St. Francisbaai en Kaap St. Francis bekoor besoekers met pragtige natuurlike landskappe en uiteenlopende aktiwiteite. Die skilderagtige kanale en die Krommeriviermond skep 'n ideale agtergrond vir rustige botritte op die rivier en kanale. Aktiwiteite in die omgewing sluit seisoenale walviskyk, diepseehengel en branderplankry in.
Dít is wat jy hier sal kry
Ligging
- Meeustraat 19, Kaap St. Francis, 6313, Oos-Kaap
Sien meer verblyf in Kaap St. Francis St. Francis Sarah Baartman-distrik Oos-Kaap
- Kapasiteit: 10 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Meeustraat 19, Kaap St. Francis, 6313, Oos-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang