Spiros Beach Haven
- Kapasiteit: 8 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Agtstestraat 519, Port Edward, 4295, KwaZulu-Natal
- Vanaf R2 500 per nag (plek vir 8)
Beskrywing
Spiros Beach Haven is 'n ruim selfsorgvakansiehuis in Port Edward net 'n entjie vanaf die hoofstrand. Dit is ideaal vir gesinne of vriende wat 'n kuswegbreek soek.
Dié dubbelverdiepinghuis bied slaapplek aan 8 gaste en beskik oor 4 slaapkamers en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Elkeen van die oorblywende slaapkamers het 'n koningingrootte-bed en gaste deel die tweede badkamer met 'n bad en 'n stort. Linne en badhanddoeke word voorsien.
Die kombuis is met 'n gasstoof, oond, mikrogolf, ketel, yskas-vrieskas, skottelgoedwasser en wasmasjien toegerus. Die sit- en eetarea het gemaklike sitplek en 'n slim-TV. Gratis WiFi is beskikbaar.
Die verblyf spog met 2 stoepe waarvan een 'n onderdakstoep met draagbare braaigeriewe is. Daar is ook 'n groot, ommuurde erf. 'n Uitkykdek met asemrowende see-uitsigte is vanaf een van die kamers toeganklik. Oorgenoeg parkeerplek is beskikbaar en gaste sal naby geriefswinkels en Grannies Pool, sowat 1 km ver, wees.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koninggrootte-bed
Stort, Toilet
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
Badkamer
Stort, Bad, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.7/5
Camien Geverifieer
Eiendomme 2
Resensies 29
Op LekkeSlaap 9 jaar
Ligging
- Agtstestraat 519, Port Edward, 4295, KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 8 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Agtstestraat 519, Port Edward, 4295, KwaZulu-Natal