Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported
Waarheen is jy op pad?
Datums
2 Gaste

Spoorsnyertjie

  • Kapasiteit: 4 persone
  • Geen kinders onder 10
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Elandstraat 3309, Marloth Park, 1321, Mpumalanga
  • Vanaf R1 190 per nag, vir 4 mense

Beskrywing

Spoorsnyertjie is 'n selfsorghuis in Marloth Park, naby die rivier en bied slaapplek aan 4 gaste.

Die huis het lugversorging en beskik oor 2 kamers wat 2 badkamers deel. Die een badkamer het 'n stort en die ander een 'n bad. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed en die ander twee het 2 enkelbeddens. Linne en handdoeke word voorsien.

Die oopplan-kombuis is toegerus met 'n yskas, stoof, oond, mikrogolf, skottelgoedwasser en 'n wasmasjien. Etes kan by die etenstafel geniet word en gaste kan in die sitkamer ontspan wat oor 'n TV met DStv beskik.

Gaste kan in die plonspoel afkoel en van die omheinde braai-areas gebruik maak. Veilige parkeerplek is ook beskikbaar. Die huis het 'n alarmstelsel en gewapende reaksie. Die huis word voor aankoms en met vetrek skoongemaak, maar indien die bespreking langer as 'n week duur, word beddegoed elke week geruil en skoongemaak.

Die huis is 'n kort entjie se stap na die rivier toe waar gaste renosters, buffels, wildehonde en olifante sal kan sien en saans die leeus kan hoor brul. Diere beweeg vrylik rond en gaste kan ook moontlik sebras, koedoes, bokke en dalk leeus gewaar. Gaste met ervaring in spoorsny sal die area geniet. Nagapies besoek ook gereeld die huis.

Spoorsnyertjie maak ook gebruik van sonkrag indien daar kragonderbrekings opduik en boorgatwater vir rugsteun indien die park sonder water is.

Kamer-opset

Slaapplek vir 4 mense 2 Slaapkamers 2 Badkamers

Slaapkamer

2

1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Badkamer

Bad, Toilet

Badkamer

Stort, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Swembad
Openbare vervoer naby
TV
Lugversorging
Volledige kombuis
Wasmasjien
DStv
Braai
Voorsiening vir beurtkrag

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 100 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.9
Diens
4.9
Veiligheid
4.9
Gaste se hoogtepunte
Lodike R
Saam met lewensmaat
5.0
Superb! Our stay was top notch. Everything was just perfect, from the cleanliness of the house to the friendliness of Thinus! We were u...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Des 2024
Jh V
Saam met lewensmaat
5.0
Goeie ligging! Huis is lekker ruim en baie netjies! Sal beslis aanbeveel! Baie lekker gebly! Verblyf is gerieflik en mooi skoon!
Sep 2024
Fanie G
Saam met lewensmaat
5.0
Baie rustig. Dit was baie lekker, huis is goed toegerus. Baie netjies en baie skoon.
Aug 2024
Johan R
Gesin met tieners
5.0
Sien bo. Uitstekende vakansiehuis, al die nodige geriewe wat 'n mens verlang. Rustige omgewing met heelwat wild wat kom besoek.
Jul 2024
Errol W
Saam met lewensmaat
5.0
A comfortable long weekend. We thoroughly enjoyed our stay and would recommend this property to anyone that needs a comfortable, clean,...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Mei 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Thinus en Sandra Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 100

Op LekkeSlaap 7 jaar

Ligging

  • Elandstraat 3309, Marloth Park, 1321, Mpumalanga
  • Gaste dink Spoorsnyertjie het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 1 190
per nag, vir 4 mense
Vanaf
Vanaf R 1 190
per nag, vir 4 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 mense
  • Geen kinders onder 10
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Elandstraat 3309, Marloth Park, 1321, Mpumalanga
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDhlOTk4MTYyLWI3N2ItNDI1MC04OGZiLTQ2ZTYwNjcxYzFhYw?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 190 per nag, vir 4 mense 100 5 1 5 3309 Eland Street Marloth Park 1321 Mpumalanga 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -25.338455418217 31.8098827824

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Ma.Di.Wo.Do.Vr.Sa.So.
303112345678910111213141516171819202122232425262728293031123456789
Ma.Di.Wo.Do.Vr.Sa.So.
303112345678910111213141516171819202122232425262728293031123456789