Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Springbok Apartments

  • Kapasiteit: 17 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 00:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Voortrekkerstraat 46, Springbok, 8240, Noord-Kaap
  • Vanaf R1 000 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Dié pragtige en gerieflike woonstelle is in Springbok in die hartjie van Namakwaland geleë. Dit is net 'n klipgooi van tipiese Namakwalandse dorpies soos Alexanderbaai, Pofadder, Garies, Kleinzee en Port Nolloth af. Dié woonstelle laat gaste heeltemal tuis voel.

Daar is 7 moderne selfsorgwoonstelle wat slaapplek aan 2 tot 4 gaste bied.

Geriewe op die perseel sluit 'n braai-area, WiFi en veilige parkeerplek in. Ons is ook troeteldiervriendelik.

Springbok is die ideale oornagplek vir reisigers wat op pad is na Namibië en staan ook bekend as Namakwaland se blommehoofstad. Dié pragtige dorpie is om 'n heuwel wat onder die dorpenaars bekendstaan as "Klipkoppie". Klipkoppie het 'n uitstekende uitsig oor die omliggende omgewing en was 'n fort tydens die Tweede Boere-oorlog. Die koppie se uitsig oor die vallei is wonderskoon, veral in die lente wanneer 'n blommekombers dit luisterryk bedek.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • 24-uur Ontvangs
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Troeteldiere indien gereël
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Wildkyk
  • Bergfietsroetes

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt
  • Aandete Op Versoek
  • Etes Op Versoek

Konferensiegeriewe

  • Lugversorging

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Resensies

4.6/ 5

Gebaseer op 220 resensies

Uitstekend

Netheid
4.7
Ligging
4.5
Waarde vir geld
4.6
Diens
4.5
Veiligheid
4.6
Wat gaste dink
Sarel V
Saam met lewensmaat
5.0
Tuiste weg van jou huis! Vriendelike diens, skoon en netjies. Baie dankie vir julle vriendelikheid!
Sep 2024
Cecilia J
5.0
Very friendly. Excellent service and clean.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Aug 2024
Patricia K
5.0
Great weather and fabulous flowers. Great location for Okiep, Nababeep and Port Nolloth and seeing flowers.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Aug 2024
Paul D
Gesin met klein kinders
5.0
Heerlik gebly in netjiese, goed toegeruste eenhede. Ons was baie vriendelik ontvang. Toe sy sien daar is 'n babatjie, het sy ons, sonder om te huiwer,...
Sien meer
Aug 2024
Marietjie F
Saam met lewensmaat
5.0
Pragtige plek met alles wat jy nodig het. Pragtige plekkie en baie goed ontvang.
Aug 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.6/5

Lynette Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 220

Op LekkeSlaap 10 jaar

Ligging

  • Voortrekkerstraat 46, Springbok, 8240, Noord-Kaap
  • Gaste dink Springbok Apartments het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R1 000
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R1 000
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 17 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 00:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Voortrekkerstraat 46, Springbok, 8240, Noord-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGNiZDZiODE2LTIxZjctNDBhOS1iNWViLWFjOTI3ZTM2ODg3Yg?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 000 per nag, vir 2 mense 220 5 1 5 46 Voortrekker Street Springbok 8240 Noord-Kaap 021 201 8901 14:00-00:00 10:00 -29.673352306591 17.884339442536

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang