Squirrels Corner
Kry 20% af. Geldig vir verblyf vanaf 4 Jun 2024 tot 31 Jul 2024.
- Kapasiteit: 9 mense
- Geen kinders
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Bloemstraat 3, Montagu, 6720, Wes-Kaap
-
Vanaf
R996R797 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Squirrels Corner is 'n gevestigde gastehuis in Montagu met 'n ontspanne, warm en vriendelike atmosfeer. Die gastehuis is sentraal geleë en die meeste belangrike plekke is stapafstand. Die huis dateer terug tot 1890 en het outentieke oregon-houtvloere en -plafonne.
Die gastekamers is onlangs opgeknap. Verblyf word in 4 eenhede met slaapplek vir 9 gaste aangebied. Die 2 groter, buitenste suites lei na die tuin en het teëlvloere, kaggels, instapstorte en OpenView-kanale. Dis ideaal vir selfsorgverblyf aangesien hulle yskaste, mikrogolfoonde en tweeplaatstofies het.
Daar is 'n satiliet-internetstelsel geïnstalleer met 'n Mesh-roteerder, 'n sentrale UPS en 'n klein UPS in elke kamer. Daar is WiFi 24 uur beskikbaar in die kamers.
Squirrels Corner bied aan gaste 'n huislike ervaring. 'n Komplimentêre glas van Montagu se gewilde muskadel word met aankoms bedien. Gaste kan van die gemeenskaplike sitkamer met DStv en 'n kaggel in die hoofhuis gebruik maak of in die lowerryke tuin of op die terras met 'n panoramiese uitsig op die Langeberge ontspan.
'n Opsionele ontbyt word in die eetkamer in die hoofhuis bedien en dit het 'n lieflike uitsig oor die tuin en die NG Kerk en op die omliggende berge. Gedurende die winter brand daar 'n vuur in die kaggel. Parkeerplek is op die perseel beskikbaar.
Daar is 2 wandelroetes, Lovers Walk en Kanonkop, 'n paar honderd meter vanaf die voordeur. Aktiwiteite in die omgewing sluit historiese huise, museums, restaurante, warmwaterbronne, wynwinkels en 'n gewilde droëvrugtefabriek in.
Daar is ook 'n uitgebreide versameling model Ferrari's en ander Ferrari-gedenkwaardighede op die perseel en gaste het gratis toegang tot hierdie versameling.
Kenmerke
Geriewe
- Kroeg
- Braaiplek
- Speletjieskamer
- Gastesitkamer
- Geen Rook Binnenshuis
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite Naby
- Wynproe
- Fietsry
- Bergfietsroetes
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Maaltye Aangebied
- Ontbyt
- Aandete Op Versoek
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.7/5
Michael Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 52
Op LekkeSlaap 7 jaar
Ligging
- Bloemstraat 3, Montagu, 6720, Wes-Kaap
- Gaste dink Squirrels Corner het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Montagu Kaapse Wynlande Wes-Kaap
- Kapasiteit: 9 mense
- Geen kinders
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Bloemstraat 3, Montagu, 6720, Wes-Kaap