St Daniel 8
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 23:00
Uitkloktyd: 09:00 - Adres: h/v Bream-singel en Bidstone-straat, Ramsgate, 4285, KwaZulu-Natal
- Vanaf R1 800 per nag (plek vir 6)
Beskrywing
St Daniel 8 is 'n pragtige selfsorgwoonstel met 'n see-uitsig wat in 'n veilige kompleks in Ramsgate geleë is en is ideaal vir 'n vakansie aangesien die kompleks direkte toegang tot die strand het en die hoofswemstrand net sowat 150 m weg is.
Dié woonstel bied slaapplek aan 6 gaste op 'n slag en beskik oor 3 slaapkamers en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer is ingerig met 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die tweede slaapkamer het ook 'n koningingrootte-bed en die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens. Hierdie 2 kamers maak gebruik van die tweede badkamer met 'n bad en 'n stort. Alle linne en badhanddoeke word voorsien; gaste moet egter hul eie strandhanddoeke saambring.
Die pragtig versierde oopplan-leefarea beskik oor 'n kombuis wat volledig toegerus is met 'n stoof, oond, mikrogolf, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware asook 'n ontbyttoonbank met stoele. 'n Wasmasjien is ook beskikbaar. Van die kombuis af lei 'n knus sitkamer met gemaklike sitplek en 'n TV met 'n volledige keuse van DStv-kanale. Toegang tot onbeperkte Wi-Fi is beskikbaar.
Deur die skuifdeure is daar 'n balkon met 'n gasbraai, 'n ingeboude braai en 'n 8-sitplek buite-etenstafel wat 'n ideale plek is vir die gesin om hul maaltye saam te geniet terwyl hulle die uitsigte bewonder. Daar is 'n ondergrondse toesluitmotorhuis met plek vir 2 voertuie asook ekstra besoekersparkeerplek in die kompleks. Gaste kan afkoel in die gemeenskaplike swembad wat ook gedeelde braaigeriewe het.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Toilet
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Badkamer
Stort, Bad, Toilet
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Visvang
- Voëlkyk
- Fietsry
- Swem
Hier praat ons
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- 24-Uur Sekuriteit
- Onderdakparkering
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Stort
Eenheidgeriewe
- Waaier
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Eksklusiewe dstv
- Tv
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.6/5
Mandy Geverifieer
Eiendomme 94
Resensies 402
Op LekkeSlaap 10 jaar
Ligging
- h/v Bream-singel en Bidstone-straat, Ramsgate, 4285, KwaZulu-Natal
Sien meer verblyf in Ramsgate Beach Margate Suidkus KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 6 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 23:00
Uitkloktyd: 09:00 - Adres: h/v Bream-singel en Bidstone-straat, Ramsgate, 4285, KwaZulu-Natal
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang