Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

St George's Guest House

Gastehuis

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 21 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.8
Diens
4.9
Veiligheid
4.8
Lianka L
1 nag Saam met vriende
5.0
Mrt 2024

Baie netjies en mooi! So lekker gebly! Almal is vriendelik en die Bistro op die perseel is 'n bonus!

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Marietjie
St George's Guest House
Dankie vir die terugvoer, Lianka. Dit was lekker om jul te kon huisves, hoop om jul binnekort weer te sien.

Lianie E
1 nag
5.0
Mrt 2024

Fantastiese verblyf weg van die huis! Ons is vriendelik verwelkom en alles is goed verduidelik. Die kamer was perfek en skoon! Daar was genoeg plek vir al ons bagasie. Daar is selfs kussingbeskermers op die kussings (vir my is dit 'n bewys dat die gasvrou werklik omgee vir haar gaste). Daar is 'n bistro net 'n paar tree van die gastehuis af wat dit so maklik maak vir etes. Ons sal vir seker weer daar kuier!

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Marietjie
St George's Guest House
Ons is bly jul het die tydjie by ons geniet. Hoop om jul weer te kan huisves.

Hannes J
1 nag Saam met lewensmaat
5.0
Feb 2024

Gelukkige, mooi en veilige kuier. Die personeel was baie vriendelik en behulpsaam. Die gasvrou was 'n staatmaker. Die tuine was baie netjies en pragtig. Volle DSTV-kanale. Lugversorging werk uitstekend en krag was 100% beskikbaar. My vrou is later toegelaat om in te bly, terwyl ek nog besig was in die dorp.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Marietjie
St George's Guest House
Dankie vir jou terugvoer, Hannes. Dit was lekker om jou te huisves. Bly jy het die verblyf geniet.

Morné V
Kort verblyf Saam met lewensmaat
4.8
Aug 2024

Nice stay with great location for our weekend. We recently stayed at St George's Guest House. On the day of check-in, we were contacted by Marietjie, who sent us a WhatsApp message with the location, code for the gate, as well as information on which road would be better to use to get to Tzaneen. The room was neat and clean, and was even serviced. We walked to the next-door restaurant for breakfast, which was served outside on the deck. We enjoyed it very much.

Word in die oorspronklike taal vertoon.
Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
4.0
Waarde vir geld
5.0
Marietjie
St George's Guest House
Thank you for taking the time to write a review. We are glad you enjoyed your stay at St George's Guest House. Hope to host you again in future.

Louis T
1 nag Saam met lewensmaat
4.0
Jun 2024

Ideale oornagpunt tussen Wildtuin en Gauteng. Baie skoon en netjies met 'n besondere tuin en 'n restaurant 100m van daar af.

Netheid
4.0
Diens
4.0
Ligging
4.0
Veiligheid
4.0
Waarde vir geld
4.0
Marietjie
St George's Guest House
Dankie vir die resensie.

Dian W
1 nag Saam met lewensmaat
5.0
Mrt 2023

Die verblyf was modern en netjies, waarde vir geld. Die verwelkoming was warm. Die verblyf is net buite Tzaneen met die mooiste uitsig, naby aan 'n resturant, wat die lekkerste ontbyt maak, dit was regtig iets besonders, al was dit net vir een aand, sal ons verseker weer teruggaan vir langer.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Marietjie
St George's Guest House
Dankie vir die resensie en ons verwelkom die terugvoering. Ons is bly u het u verblyf by ons geniet. Ons strewe daarna om altyd vir ons gaste net die beste te bied.

Kobus M
1 nag
4.4
Jan 2023

Lekker, verblyf moet so lyk. Al die geriewe werk, lugversorging, ligte, TV, DStv, skoon en netjies. Restaurant werk goed op perseel. Great location.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
4.0
Veiligheid
4.0
Waarde vir geld
4.0
Marietjie
St George's Guest House
Dankie vir die resensie Kobus. Dit was 'n voorreg om jou as gas te kon ontvang. Hoop om jou weer te kan huisves.

Elmie S
1 nag Saam met lewensmaat
5.0
Mei 2022

Pragtig, gerieflik en skoon. Pragtige gastehuis met heerlike, ruim kamers. Alles was skoon en netjies en ons was hartlik ontvang. Die tuine is pragtig en 'n lushof vir die oog. Ons ontbyt was heerlik en uit die boonste rakke. Ons sal beslis St George's Guest House aanbeveel vir ander reisigers.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Deidre H
Kort verblyf Gesin met klein kinders
5.0
Mei 2022

Skoon en netjies. Marietjie was wonderlik. Vinnig om te help en het die heerlikste ontbyt bedien. Die gastehuis is skoon en netjies en het 'n pragtige tuin.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Marietjie
St George's Guest House
Baie dankie vir jou positiewe terugvoer Deidre. Dit was heerlik om julle as gaste te ontvang. Hoop om jul weer in die toekoms te kan huisves.

Jan D
1 nag Saam met lewensmaat
5.0
Mrt 2022

Goeie waarde vir geld. Sien sterre.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Marietjie
St George's Guest House
Dankie dat jul die tyd geneem het om 'n resensie te doen Jan. Dit was so lekker om jou en Louise te kon huisves. Hoop om jul weer te sien op jul volgende besoek aan die Laeveld.

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Marietjie Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 21

Op LekkeSlaap 5 jaar

Vanaf
Vanaf R1 080
per nag, vir 2 mense
Vanaf
R1 080
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: George's Valley-straat 77, Pusela Plaas, Tzaneen, 0850, Limpopo
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA9VZrxoirTNyXtPltlG03Wb3SqLQz5gmB1v3WPlvKK3A88kDDXo?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 080 per nag, vir 2 mense 21 5 1 5 77 George's Valley Road Farm Pusela 0850 Limpopo 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -23.84111176232 30.130557207269

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang