The St James of Knysna
- Kapasiteit: 28 persone
- Geen kinders
-
Inkloktyd: 14:00 tot 00:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: Die Punt, Eastford, Knysna, 6570, Wes-Kaap
- Vanaf R3 750 per nag, vir 2 mense
-
TGCSA-gradering:
Beskrywing
The St James of Knysna is in die hartjie van die Tuinroete teen Knysna se strandmeer geleë. Dié hotel word deur die eienaar bestuur en is versteek in pragtige tuine op 'n groot landgoed. Die luukse suites en kamers bied die mooiste uitsigte oor die wonderskone strandmeer met die Knysna Koppe in die verte.
Kies akkommodasie in die herehuis of die binnehof wat bestaan uit kamers wat gerieflik gemeubileer en versier is. Elke eenheid het 'n en suite-badkamer met bad en aparte stort, satelliet-TV, direkte-skakeltelefoon, kroegie, kluis, koffie- en teemaakgeriewe, haardroërs en badjaponne. Die uitnemende George Rex Suite het 'n luukse dubbelbad en sauna. Suites in The Courtyard is aan die kant van die strandmeer geleë en het 'n lieflike uitsig oor die strandmeer.
Ontspanningsaktiwiteite sluit in hengel, bootvaart, skemerkelkies en waterski vanaf ons privaat kaai, kanovaart en swem. Gholfentoesiaste het toegang tot verskeie uitstekende 18-put gholfbane. Knysna het die manjifieke, wêreldklas Pezula Gholfbaan, Simola Gholfbaan en die baie lieflike Knysna Gholfbaan.
Die St James of Knysna het 2 swembaddens, 'n Péntanque-pit en 'n wonderlike tuin waarin gaste kan ontspan en bied elegante à la carte-etes met 'n goed toegeruste wynkelder. Gaste geniet eksklusiwiteit, individuele aandag en toegewyde persoonlike diens.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.7/5
Sandy Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 5
Op LekkeSlaap 15 jaar
Ligging
- Die Punt, Eastford, Knysna, 6570, Wes-Kaap
- Gaste dink The St James of Knysna het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 28 volwassenes
- Geen kinders
-
Inkloktyd: 14:00 tot 00:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: Die Punt, Eastford, Knysna, 6570, Wes-Kaap
-
TGCSA-gradering:
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang