St Lucia Kingfisher Lodge
- Kapasiteit: 7 persone
- Geen kinders onder 2
-
Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 187 McKenzie Straat, , St. Lucia, 3936, KwaZulu-Natal
- Vanaf R2 000 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
St Lucia Kingfisher Lodge bied B&B-verblyf aan die oewer van die pragtige St Lucia-meer in KwaZulu-Natal. Dit is ideaal vir gaste wat op soek is na bekoorlike verblyf in 'n rustige omgewing ver van die gedruis van die stad af.
Ons het 7 luukse suites met lugversorging en privaat stoepe met uitsigte oor die tropiese landgoed. Elke kamer is toegerus met 2 driekwartbeddens, 1 koningingrootte-bed of 1 koninggrootte-bed wat oorgetrek is met linne van Egiptiese katoen, muskietnette, 'n en suite-badkamer met 'n bad en stort (of net een van die twee) en 'n wasbak en toilet. Ander luukse geriewe sluit die volgende in: 'n kroegie, koffie- en teemaakgeriewe, 'n haardroër, gratis WiFi en 'n stoep.
Gaste kan soggens smul aan 'n heerlike ontbyt op die stoep met sy uitsig oor die riviermonding en aandetes is beskikbaar op versoek. St Lucia Kingfisher Lodge het 'n heerlike swembad, braaigeriewe en 'n privaat pier wat lei na die mond. Vir sakereisigers bied ons sekretariële dienste soos die reël van toere en bespreek van vlugte.
Gaste sal verstom staan voor al die wild op die perseel: seekoeie, luiperds, ratels en meer as 200 voëlspesies is al hier gewaar. Veilige parkeerplek is beskikbaar en St Lucia is 'n afgesonderde toevlugsoord wat apart is van die vasteland.
Daar is heelwat doendinge in die omgewing: perdry op die strand, kajak in die seekoei- en krokodilwaters, en skubaduik. Rustiger besoekers kan voëlkyksafari's per motor, fiets en te voet onderneem.
Kenmerke
Geriewe
- ADSL-lyn
- Skoonheidskliniek
- Swembad
- Braaiplek
- Portier
- Gastesitkamer
- Wasgoeddiens
- Geen Rook Binnenshuis
- Persoonlike Kluis
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Wildkyk
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Voëlkyk
- Fietsry
- Wildritte
- Begeleide Wandelpaaie
- Swem
Hier praat ons
- Engels
- Frans
- Duits
Maaltye Aangebied
- Kamerbediening
- Ontbyt
- Aandete Op Versoek
Parkeerplek
- Veilige Parkering
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Elektroniese Fondsoorplasing
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.6/5
Nellie Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 11
Op LekkeSlaap 10 jaar
Ligging
- 187 McKenzie Straat, , St. Lucia, 3936, KwaZulu-Natal
- Gaste dink St Lucia Kingfisher Lodge het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in St. Lucia-riviermonding Noordkus KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 7 mense
- Geen kinders onder 2
-
Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 187 McKenzie Straat, , St. Lucia, 3936, KwaZulu-Natal
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang