Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

St Lucia Wilds Flatlet

Selfsorg

Resensies

4.1/ 5

Gebaseer op 5 resensies

Baie goed

Netheid
4.2
Ligging
4.4
Waarde vir geld
3.6
Diens
4.0
Veiligheid
4.4
Christiaan S
Kort verblyf Gesin met klein kinders
5.0
Jan 2024

Netjies en vriendelik. Dit was mooi netjies en skoon en presies wat ons nodig gehad het. Ons het baie lekker hier gebly.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Hannetjie P
Lang verblyf Saam met lewensmaat
4.8
Jan 2022

Voel welkom, skoon en als op hul plek. Baie goeie diens, veilig en vriendelik.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
4.0
Imelda
St Lucia Wilds Flatlet
Baie dankie vir die positiewe terugvoer, ons is baie bly julle het veilig gevoel en gemaklik gebly.

Pam W
Lang verblyf Saam met lewensmaat
4.8
Mei 2019

Enjoyed our stay. Well equipped and nice and light. Only problem was that the bedroom does not have a window to the outside.

Word in die oorspronklike taal vertoon.
Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
4.0
Imelda
St Lucia Wilds Flatlet
We are very happy that you enjoyed your stay. As the flatlet is part of the original old house, converted, the bedroom is in the back part. The window does open into the kitchen and we are not allowed, due to building regulations, to close it or change it. That is also why it is a budget type unit. It is good that the outside walls are mostly covered in window, so light and bright. Thank you for your kind review, it is appreciated.

Hugo S
Lang verblyf Saam met lewensmaat
4.0
Feb 2019

'n Stukkie paradys. Ons het 'n fantastiese tyd gehad, sal vir seker weer teruggaan.

Netheid
4.0
Diens
4.0
Ligging
4.0
Veiligheid
4.0
Waarde vir geld
4.0
Imelda
St Lucia Wilds Flatlet
Beste Hugo, Baie dankie vir jul gradering en positiewe resensie. Ons sien uit na jul volgende besoek. Groete, Imelda

Wilma M
Kort verblyf Saam met lewensmaat
2.0
Jul 2016

Armoedige verblyf. Woonstel baie baie oud, matte ongelooflik deurgetrap en “outdated”. Kan baie beslis nie R300 per persoon vra alvorens die plek opgeknap word nie. Was netjies met baie verouderde beddegoed, maar goed toegeruste kombuis. Toilet was vuil gevlek, so ook die stortvloer. Badkamer loop direk uit die kombuis. Toilet is reg langs kombuis, jy kan lekker gesels en gesigskontak kry met een op toilet en een wat kosmaak. Werklik baie unhygienic. Sitkamer baie swak. Een verskriklike klein TV en slegs 2 stoele wat hulle dae gesien het. Gordyne in sitkamer en kombuis was vuil en het na stof geruik. Die verblyf het GEEN LOPENDE water bedags nie. Die eienaar skakel water aan vir vroegoggend en saans. Hierdie ongeriewe behoort aan voornemende gebruikers bekend gemaak word. Sy sou “bottled” water verskaf maar daar was niks. Ons moes dit aankoop. Die plek is beslis nie R300 per persoon per nag werd nie. Ons het by verskeie plekke gestop en uitgevind oor die water, almal het lopende water gehad en koste gewys minder per persoon of dieselfde prys. Ons besef daar is waterskaarste, maar genade betaal tog vir gerief. As ek dit wou “rough up” het ek in backpackers tuisgegaan. Was erg om nie eens jou hande te kon was bedags nie en daardie vieslike toilet in die kombuis is ERG. Dit is sulke plekke wat LekkeSlaap se naam dalk kan skade aandoen. Ek sal foto's stuur ter bevestiging indien julle dit sou verlang.

Netheid
2.0
Diens
1.0
Ligging
3.0
Veiligheid
3.0
Waarde vir geld
1.0
Imelda
St Lucia Wilds Flatlet
Ons is regtig jammer julle het so aaklige ondervinding gehad, julle het niks vir ons gesê het nie, julle was welkom om ander verblyf te soek, ons sou help sonder teenstand. Julle verblyf was in die Affordable Budget Flatlet en in hoog seisoen daarom die verhoogde tarief. Dis ongelukkig duidelik dat julle nie mooi gelees het in die beskrywing van die flatlet nie, dit sou baie onaangenaamheid verhoed het. Ek vra om verskoning as julle nie water gehad het vir hande was gedurende die af tye nie. Die bottels water moes daarvoor wees. Die water was aan van 6 uur in die oggend tot 10 am uur en weer van 4 of 5 uur middag tot 9 of 10 uur saans. Soms oor middag ook. Ek weet nie waar die "ander" mense hulle water gekry het nie, maar van die munisipaliteit was niks. Ons gebruik ons boorgat water spaarsamig want hier is nie ondergrondse riviere nie net syfer water en dis droog. Ons meubels is oud en nog van regte hout gemaak en sterk. Die winde waai deesdae sterk en ons gordyne is die dag na weer vol stof. Ons gebruik percale linne en is trots daarop. Ongelukkig is dit so wanneer mens nie tevrede of ongelukkig is oor ietsie dan kan dit sommer vinnig alles verkeerd maak. Praat net, sodat sulke ongelukkigheid vermy kan word. Die budget flat is nie almal se idee van verblyf nie. Die tarief van hierdie flatlet is van die laagste 3 in die dorp. Laer as dit behoort aan mense wat onwettig verhuring doen en dus nie besigheidstarief vir alles moet betaal nie. Ek het ook die reg om my kant te stel en die valse aantygings teen te staan wanneer gaste onredelik is.

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.6/5

Imelda Geverifieer

Eiendomme 2

Resensies 29

Op LekkeSlaap 14 jaar

Vanaf
Vanaf R1 210
per nag, vir 4 mense
Vanaf
R1 210
per nag, vir 4 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 mense
  • Geen kinders onder 4
  • Inkloktyd: 13:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: McKenzie-straat 174, St Lucia, 3936, KwaZulu-Natal
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAc41a12707c3231c1f9ce6a171e8bb5d8394dd0646f187de5b4d2f93675551fda1642f924378cdda183d5615dcd7b972f7f6a?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 210 per nag, vir 4 mense 5 5 1 5 174 McKenzie Street St Lucia 3936 KwaZulu-Natal 021 201 8901 13:00-18:00 10:00 -28.382895 32.40815

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang