Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Staandakkie Guest Cottage

  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 2 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Soutpansvlakte, Bredasdorp, 7280, Wes-Kaap
  • Vanaf R850 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Staandakkie Gastekothuis is 'n bekoorlike, ouwêreldse selfsorgkothuis met sonkrag op 'n plaas, net 15 km van Bredasdorp af (sowat 8 km hiervan is 'n grondpad wat geskik is vir 'n klein voertuig). Die kothuis is afsonderlik van die plaashuis, maar is naby genoeg indien gaste met die vriendelike gasheer wil gesels.

Hierdie verblyf maak tydens beurtkrag van sonkrag gebruik.

Dié kothuis bied verblyf vir 2 gaste en beskik oor 1 slaapkamer, 1 en suite-badkamer en 'n kombuisie. Die slaapkamer het 'n dubbelbed en die badkamer het 'n stort. 'n TV, verwarmer en radio word voorsien. Die kombuisie is toegerus met 'n stoof, yskassie, mikrogolf, ketel, eetgerei en breekware. Koffie, tee, suiker, melk en beskuit word aan die begin voorsien.

Daar is ook 'n braai-area met stoepmeubels. 'n Braairooster en hout word voorsien. Let asb. daarop dat die eienaars 2 Labradors en 'n Skaaphond op die perseel het.

Staandakkie Gastekothuis word deur die plaas se pragtige landskap omring en is net 2 km van die historiese melkhoutboom op Rhenosterfontein-plaas. Bring gerus ook jou fiets saam. Die voëllewe is volop.

Die kothuis is 35 km vanaf Arniston en die naaste strand, en 55 km vanaf die Suidelikste punt van Afrika. Die De Hoop Natuurreservaat is 43 km ver.

Kamer-opset

Kapasiteit: 2 Aantal kamers: 1 Aantal badkamers: 1
Slaapkamer
Plek vir 2 mense
1 xDubbelbed
Badkamer
En-suite  - Slaapkamer 1
Stort, Toilet

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • 24-uur Ontvangs
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes

Aktiwiteite Naby

  • Fietsry
  • Bergfietsroetes

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant

Badkamer

  • En-suite
  • Stort
  • Seep
  • Toiletware

Eenheidgeriewe

  • Eetkamer
  • Verekombers
  • Elektriese kombers
  • Waaier
  • Klein kombuis

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Haardroër
  • Mikrogolfoond
  • Stoof

Vermaak

  • Boeke en tydskrifte
  • Tv

Resensies

4.7/ 5

Gebaseer op 25 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
4.4
Waarde vir geld
4.8
Diens
4.9
Veiligheid
4.8
Wat gaste dink
Walter L
Besigheidsreis
5.0
Sakereisiger. Amazing! Best night's rest in a long time!
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Mei 2024
Hilda B
Saam met lewensmaat
4.8
Heerlike goed toegeruste knus kothuis met goeie geriewe waarvan die elektriese kombers goed te pas gekom het. Die huisie is omring met pragtige korin...
Sien meer
Sep 2023
Tierck H
Saam met lewensmaat
4.8
Heel gerieflik, maar klein. Gerieflik naby De Hoop Natuurreservaat indien meer bekostigbare verblyf verkies word. Netjiese boerdery met moderne masjie...
Sien meer
Aug 2023
Ricus V
Saam met lewensmaat
4.6
Lekker salig en rustig. Netjies en baie verwelkomend. Sal definitief weer 'n tydjie daar spandeer.
Apr 2023
Ellina Tseisi I
Besigheidsreis
4.0
Home away from home. The place is homely and safe, quite a place.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Apr 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.7/5

Vicki Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 25

Op LekkeSlaap 7 jaar

Ligging

  • Soutpansvlakte, Bredasdorp, 7280, Wes-Kaap
  • Gaste dink Staandakkie Guest Cottage het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R850
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R850
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 2 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Soutpansvlakte, Bredasdorp, 7280, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAGhcWHAUevKYKp83wfEMVPZMYdCH1Edc65Po1W0YRo1JCfbunCN?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R850 per nag, vir 2 mense 25 5 1 5 Soutpansvlakte Bredasdorp 7280 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -34.464435571923 20.145765339504

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang