Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Starking @ Oak Lane Cottages

Selfsorg
  • Kapasiteit: 5 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Langs Valley-weg, Krommerivier-plaas, Elgin, 7180, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 800 per nag (plek vir 5)

Beskrywing

Starking @ Oak Lane Cottages bied gerieflike selfsorgverblyf op 'n perseel waar daar nog vakansiekothuise is wat apart verhuur word. Dit is op 'n vrugte- en hoenderplaas in die Elginvallei geleë en 'n wonderlike opsie vir 'n klein gesin wat op soek is na 'n rustige wegbreek buite die stad.

Die kothuis bied slaapplek aan 5 gaste en beskik oor 2 slaapkamers en 'n badkamer. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. 'n Ekstra bed is in die leefarea beskikbaar. Die badkamer het 'n bad, wasbak en 'n toilet.

Die leefarea beskik oor 'n kombuis wat met 'n stoof, oond, mikrogolf, yskas-vrieskas, eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus is. Die kombuis lei na 'n etenstafel en 'n sitarea met gemaklike rusbanke en 'n kaggel. Gratis WiFi is beskikbaar.

Buite is daar 'n privaat stoep met sitplek en braaigeriewe en 'n uitsig oor die pragtige omgewing. Aktiwiteite op die plaas sluit voëlkyk, pieknieks, swem in die dam en stap- en bergfietsry in. Die area spog met 'n rits plaasstalletjies, die Elgin Railway Market, verskeie restaurante en wynproe-opsies om te besoek. Die skilderagtige dorpe Hermanus, Greyton, Pringlebaai en Bettysbaai is ook net sowat 50 tot 70 km ver.

Kamer-opset

Kapasiteit: 5 Aantal kamers: 3 Aantal badkamers: 1
Slaapkamer 1
Plek vir 2 mense
1 xDubbelbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 mense
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Area 1
Plek vir 1 persoon
1 xEnkelbed / Driekwartbed
Badkamer

Bad, Toilet

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.7/5

Elke Nuut op LekkeSlaap!

Eiendomme 6

Resensies 3

Op LekkeSlaap 4 maande

Ligging

  • Langs Valley-weg, Krommerivier-plaas, Elgin, 7180, Wes-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R1 800
per nag (plek vir 5)
Vanaf
Vanaf R1 800
per nag (plek vir 5)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 5 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Langs Valley-weg, Krommerivier-plaas, Elgin, 7180, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAc094c9b003e8acdcc0f5b0cbafe8b23cc4513513d73d846af0e181af5e8ab6aaf9816c7128a7d1d347723946d6fcacff49ee?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 800 per nag (plek vir 5) Off Valley Road Farm Kromme River 7180 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -34.213734 19.080187

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang