Starry Nights
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.4/5
Helga Geverifieer
Eiendomme 2
Resensies 100
Op LekkeSlaap 7 jaar
Opsomming van Resensie
Teresa J - Jun 2024
Algehele gradering
We loved staying over at Starry Nights - will definitely stay over again.
Starry Nights se terugvoer
Was so lekker om jou te huisves, Teresa! Jy is 'n gemaklike gas wat lekker kan gesels en jy het die plekkie so netjies gelaat. Kom gerus weer.
Groete
Helga
Jerome D - Mrt 2024
Algehele gradering
Very nice. All we needed was available. Good value for money.
Timmy D - Feb 2024
Algehele gradering
Pleasant and owners were accommodating.
Andrea M - Feb 2024
Algehele gradering
Ons het slegs 1 aand oornag, maar dit was aangenaam.
Starry Nights se terugvoer
Dit was lekker om jou te ontmoet, Andrea. Kom gerus weer.
Anastasia B - Feb 2024
Algehele gradering
Baie aangenaam gewees.
Starry Nights se terugvoer
Jy is so welkom Anastasia. Kom volgende keer vroeër sodat jy die swembad ook kan geniet.
Mooi bly.
Helga
Frank V - Apr 2024
Algehele gradering
Bietjie prysig vir dit wat jy kry. Skoon en netjies maar kort afronding.
Lees meerStarry Nights se terugvoer
Hallo Frank,
Ons is oop vir enige voorstelle en verwelkom juis ons gaste se terugvoer. Jy is baie welkom om dit privaat of op hierdie openbare platform te deel. Ons hoor graag van jou.
Andre J - Jan 2024
Algehele gradering
Beddegoed en handdoeke is oud en uitgewas. Eksterne deure is 'n risiko.
Starry Nights se terugvoer
Sjoe, ons het 5/5 van verskeie gaste gekry wat vantevore in dieselfde eenheid met presies dieselfde linne geslaap het. Jammer dat u ervaring so negatief was.
Vriendelike groete
Helga Viviers
Penny L - Nov 2023
Algehele gradering
Pleasant and comfortable.
Starry Nights se terugvoer
It was only a pleasure to host you, Penny. Please do visit again.
Regards, Helga
Barend L - Mrt 2023
Algehele gradering
Lovely place to stay.
Pieter Jordaan J - Mrt 2023
Algehele gradering
Lekker oor nag plekkie.
Melloney H - Jan 2023
Algehele gradering
'n Lekker plekkie om te rus na 'n lang pad.
Anja C - Jan 2023
Algehele gradering
Oornag 2 aande tydens vakansie.
Ellenor V - Jan 2023
Algehele gradering
Baie mooi, netjiese plek met 'n baie goeie, vriendelike gasvrou.
Pierre F - Aug 2023
Algehele gradering
Was so kort daar, maar net geslaap.
Starry Nights se terugvoer
Goeiedag Pierre,
Baie dankie v jou mooi resensie en dankie ook vir die uitwys waar ons nog kan verbeter. Dit help ons om die beste moontlike oorbly ervaring te skep vir ons gaste.
Dit was lekker om jul te ontmoet en te sien hoe jul die reünie en interskole naweek saam met ons geniet.
Kom kuier gerus weer.
Groete
Helga
Raymie A - Jul 2023
Algehele gradering
Baie beknop en het 90% van ons tydsduur geen water gehad nie. Geen voorsiening vir loadshedding nie, behalwe WiFi wat aan was.
Starry Nights se terugvoer
Goeiedag Raymie,
Dankie v jou resensie dit blyk dat ek twee selfoonnommers van jul gehad het. Die een was onaktief aangesien ek vroegoggend al 'n boodskap gestuur het oor verwagte tyd van aankoms maar geen reaksie ontvang het nie. Jul het wel geskakel vanaf Graaff Reinet waarna jul verduidelik het dat jul meganiese probleme ondervind het.
Ek het jul gerus gestel en verduidelik dat ons op die perseel bly en die laat arriveer nie 'n probleem sal wees nie. Ons het jul ontvang by die hek en die eenheid gewys....jy het nog gesê dit sal vir jul werk omdat dit net vir die nag was. Daarna ht jy versoek om vleis te braai. Ek het ons eie braaiplek v jul gereed gemaak wat onderdak is omdat dit gelyk het na reën asook 'n boodskap gestuur op die 2de selfoonnommer om julself tuis te maak.
Jy het noe vooraf met ons gereël v braaigeriewe nie. Ons kragopwekker staan onderdak by die braaiplek en jul sou julself nie kon hoor praat sou dit aangeskakel gewees het nie. Ons kry water vanaf tenks wat met 'n dompelpomp werk so jy kon sonder water gewees het tydens loadshedding maar definitief NIE 90% van die tyd NIE.
Jul het weer langs die pad gaan staan nadat jul jul vriend gaan oplaai het om saam te kom braai. Jul wou ons sien oor 'n plek waar jul 'n onderdeel kin aanskaf waarna my man ' aanbeveling gemaak het.
Die volgende oggend vroeg het ek 'n boodskap met nommers van twee motorwerktuigkundiges aan die tweede selnommer gestuur en jul het ontvangs erken.
Jacques R - Mrt 2023
Algehele gradering
Gesellig en heerlik.
Marlene E - Des 2022
Algehele gradering
Hierdie was een van die beste oornagplekke wat ons al gebruik het.
Jacqui D - Des 2022
Algehele gradering
So friendly and well-priced.
Christel G - Des 2022
Algehele gradering
Skoon, netjies en vriendelike ontvangs!
Starry Nights se terugvoer
Hi Christel, ons is so bly jy het jou kuier by ons geniet. Baie dankie vir jou mooi woorde. Hoop om julle weer te sien. Mooi bly, Helga
Bernadine S - Des 2022
Algehele gradering
Tevrede.
Starry Nights se terugvoer
Hallo Bernadine, baie dankie vir jou mooi resensie. Kom gerus weer. Helga
Hester G - Sep 2022
Algehele gradering
Skoon en netjies.
Louis H - Jun 2022
Algehele gradering
Heerlik gebly!
Starry Nights se terugvoer
Hallo Louis,
Dit was lekker om jul te ontmoet. Hoop jul het kuier met kleingoed geniet. Ontvang jul graag weer in die toekoms.
Mooi loop.
Helga
Werner G - Apr 2022
Algehele gradering
Vriendelik, skoon, ruim.
Starry Nights se terugvoer
Ek is so bly jul het lekker by ons gebly, Werner. Kom gerus weer.
Groete
Helga
Anzel V - Apr 2022
Algehele gradering
Slegs oornag maar ons het alles gehad wat nodig was.
Chris E - Mrt 2022
Algehele gradering
Skoon, netjies en rustig.
Starry Nights se terugvoer
Hi Chris, baie bly jy het lekker gebly. Kom gerus weer. Groete, Helga
Philip M - Jan 2022
Algehele gradering
Good value for money.
Liana F - Jan 2022
Algehele gradering
Heerlike plekkie - vriendelike gasvrou.
Starry Nights se terugvoer
Hallo Liana,
Baie dankie vir jou mooi resensie !! Ons is bly dit was lekker by ons. Sterkte vir die nuwe skooljaar en hoop die mannetjie se "naarwees" het toe gou oorgegaan.
Kom kuier gou weer.
Groete
Helga
Jeria N - Okt 2022
Algehele gradering
OK, TV het nie gewerk nie.
Starry Nights se terugvoer
Hallo Jeria,
Dit was lekker om jul te ontmoet. Ons swembad behoort volgende keer reg vir gebruik te wees.
Jammer oor die TV wat aanvanklik nie wou werk nie. Gelukkig kon my man die probleem vinnig uitsorteer en het jul wel TV kon kyk. Die talle kragonderbrekings veroorsaak soms dat ons die TV moet af- en aanskakel.
Hoop om jul weer te verwelkom.
Groete
Helga
Linda U - Apr 2022
Algehele gradering
Ideal for overnight stay only.
Gerda E - Des 2022
Algehele gradering
Gemaklike oornagblyplek of 'n paar dae.
Starry Nights se terugvoer
Beste Gerda, baie dankie vir jou mooi resensie. Kom gerus weer. Helga
Antionette D - Des 2022
Algehele gradering
Dis goeie akkommodasie vir die oornag reisiger.
Starry Nights se terugvoer
Goeiedag Antoinette, baie dankie vir jou resensie. Ons sal in die toekoms seker maak dat jul plek bespreek is by 'n restaurant. Hoop om julle weer te kan verwelkom. Groete, Helga
Jacques R - Sep 2022
Algehele gradering
Tevrede.
Kenneth D - Okt 2022
Algehele gradering
Oornag-vakansiestop.
Starry Nights se terugvoer
Goeiedag Kennith en familie,
Ons het gesien dat die uitloop verstop was. Baie dankie dat jul dit ook uitgewys het deur die prop uit te trek en eenkant neer te sit. Ons instandhoudingspan het die probleem reeds aangespreek.
Die TV, wat as gevolg van loadshedding nie meer wou werk nie, is intussen vervang.
Ons is jammer oor die ongerieflike geluide van die beddens in die eenheid. Jul is die eerste gaste wat daaroor kla. Miskien is een van die redes die feit dat omtrent al die beddens in die kamer herrangskik was toe ek die volgende oggend in die eenheid kom. Daar is wel 'n slaapbank maar sien jul het dit nie benut nie.
Ons gaste is belangrik vir ons. Hoop om jul weer te kan verwelkom.
Groete
Karien H - Des 2021
Algehele gradering
Netjies en vriendelik.
Ruan P - Des 2021
Algehele gradering
Beste verblyfplek waar ons al oornag het.
Starry Nights se terugvoer
Hallo Ruan,
So bly jul het lekker by ons gebly. Kom asseblief weer. Dit was lekker om jul te ontmoet.
Groete
Helga
Beryl C - Okt 2021
Algehele gradering
Heerlik gebly, netjies, groot.
Ria K - Jun 2021
Algehele gradering
Wonderlik.
Sharlinn J - Jul 2021
Algehele gradering
It was absolutely perfect.
Starry Nights se terugvoer
Hallo Sharlinn,
I am so glad you enjoyed your stay with us. It was lovely meeting the two of you. You are more than welcome to visit again. Stay safe.
Gerhard F - Mei 2021
Algehele gradering
Waarde vir geld.
Starry Nights se terugvoer
Beste Gerhard,
Ons is so bly dat jy jou kuier by ons geniet het. Kom gerus weer.
Groete
Starry Nights
Barry K - Nov 2021
Algehele gradering
Perfect overnight stop.
Starry Nights se terugvoer
Hallo Barry,
Dit was gaaf om jul te ontmoet. Baie dankie vir die mooi resensie en sterkte met al die visvang kompetisies.
Groete
Helga
Sharmane M - Jan 2021
Algehele gradering
Lekke geslaap.
Starry Nights se terugvoer
Sharmane
Baie dankie vir jou positiewe terugvoer....hoop om jul weer in die toekoms te kan verwelkom. Dit was lekker om jul te ontmoet.
Mooi bly!
Helga
Janiete V - Des 2021
Algehele gradering
Was baie lekker.
Starry Nights se terugvoer
Hallo Janiete
So bly dat jul verstaa oor ESKOM. Ek is bly dat jul ervaring ten minste positief was. Ek gaan verseker 'n gasstofie vir elke eenheid aanskaf.
Mooi bly.
Helga
Elmarie A - Des 2021
Algehele gradering
Last minute overnight stop on way from Knysna to Gauteng.
Lees meerStarry Nights se terugvoer
Hallo Elmarie,
Jammer om te hoor van die matras se kwaliteit. Omdat jy die eerste persoon is wat daaroor gekla het, het ek nog nooit gedink daaraan om dit te vervang nie. Ek sal verseker die saak aanspreek.
Wat die komberse en beddegoed aanbetref, ons het heerlike reën gehad voor jul koms en dan koel die nagte nogal baie af. Ek is altyd bang dat gaste sal koud kry daarom dus die kombers.
Jy verwys ook na foto's en die realiteit wat verskil. Hou in gedagte dat ons twee eenhede het. Dit kan moontlik wees dat jy dalk eenheid 1 se foto's met eenheid 2 s'n verwar het. Eenheid 2 is baie groter en natuurlik dan ook duurder, maar soos jy gesê het was jy te dankbaar om oornagverblyf op kort kennisgewing te kry. Eenheid 2 was reeds bespreek en jy was tevrede met eenheid 1.
Die yskas se vrieskompartement sal ek laat ontdooi.
Ons gaste se gemak is ons prioriteit, daarom dankie vir jou resensie. Geniet die feestyd saam met jou geliefdes.
Groete, Helga.
Jonelle W - Nov 2021
Algehele gradering
Stil, rustige omgewing. Vriendelike ontvangs.
Starry Nights se terugvoer
Hallo Jonelle
Ek is bly jul het lekker by ons gebly. Dit was so lekker om jul te ontmoet. Kom gerus weer.
Helga
Tamara Sue S - Jul 2021
Algehele gradering
We had a good stay and had everything we needed.
Celesté J - Jan 2021
Algehele gradering
Gemaklik en veilig vir ‘n oorslaap op pad met vakansie en/of huis toe.
Starry Nights se terugvoer
Hallo Celeste
Dankie vir jou mooi resensie. Ons gaste se gemak en tevredenheid is vir ons belangrik daarom is ons voortdurend besig om ons geriewe op te gradeer.
Hoop om jul weer iewers in die toekoms te verwelkom.
Groete, Helga.
Johan B - Okt 2021
Algehele gradering
Die geraas van die eienaar/s was onaanvaarbaar.
Henry B - Des 2020
Algehele gradering
Puik.
Louise S - Des 2020
Algehele gradering
Starry Nights was perfek gewees vir ons gesin vir een aand.
Starry Nights se terugvoer
Hallo Louise,
Jul is só welkom.Dankie vir jou mooi resensie.
Groete
Helga
Lucinda H - Mrt 2020
Algehele gradering
Friendly people, place is nice just for a night's sleepover.
Starry Nights se terugvoer
Hi Lucinda,
Our guest's comfort always enjoys priority therefore I also went out of my way to fetch you when you were having difficulty with locating us. You also just wanted the keys and then preferred to leave for your family home which was understandable due to the fact that you wanted to spend time with your loved ones in your bereavement. I, however, insisted you see the accommodation which you did. You did not complain and I gave you the key. According to your description of the pictures of the establishment, you may be confusing establishment 1 for establishment 2. Establishment 2 has recently opened and is being advertised as comfortable overnight stays. You requested establishment 2 for your stay. Establishment 1 is self- catering as it has microwave and dishwashing facilities. We are however upgrading unit 2 and it will soon also boast with dishwashing facilities and a microwave. We were not aware of your need for an iron or ironing board and would have happily furnished you with it should you have just asked.
Hope to see you again in the future.
Regards
Starry Nights
Johan M - Des 2020
Algehele gradering
Great
Celesté J - Des 2020
Algehele gradering
Voldoende vir een nag se oorslaap.
Ben V - Okt 2020
Algehele gradering
Goeie waarde vir geld.
Gregg B - Des 2020
Algehele gradering
Comfortable.
Starry Nights se terugvoer
Dear Gregg,
My apologies for the dampness against the one wall. It is on our list to renovate as soon as a builder becomes available.
We had a leakage in the one bathroom pipe and that caused the problem. Due to numerous bookings over the festive season it could not be attended to. It is however on our priority list.
Hope to see you soon.
Regards,
Helga Viviers
Karien J - Nov 2020
Algehele gradering
Fotos op die webtuiste is misleidend. Die verblyf wat aan ons verskaf is, is glad nie op die standaard van die foto's op die webwerf nie.
Lees meerHenri D - Des 2019
Algehele gradering
Ideaal as 'n oorslaap stop op pad Mosselbaai toe.
Starry Nights se terugvoer
Hi Henri
Dit was gaaf om jul te ontmoet. Ek is bly dat jul ons nuwe eenheid geniet het.
Kom kuier gerus weer.
Groete
Starry Nights
Jade G - Jul 2019
Algehele gradering
Perfect spot for our stop-over.
Deborah M - Jan 2019
Algehele gradering
Lovely place to stay.
Hierdie resensie word in sy oorspronklike taal gewys.
Vertaal na Afrikaans.
Lieflike plek om te bly.
Waarde vir geld.
Hierdie resensie is vertaal.
Sien oorspronklike in English.
Anelize B - Des 2019
Algehele gradering
Baie netjies lekker oornag verblyf.
Starry Nights se terugvoer
Hi Anelize
Ek is baie bly dat jul ons nuwe eenheid geniet het. Kom gerus weer.
Groete
Starry Nights
Johan S - Des 2019
Algehele gradering
Waarde vir geld, maar moet nie te veel verwag nie.
Starry Nights se terugvoer
Beste Johan,
Jammer dat jy die agterkant van die erf as "rommelwerf" ervaar het. Ons gaste se tevredenheid is vir ons belangrik. Ons moes egter in 'n baie kort tydjie die nuwe eenheid in gereedheid kry en as gevolg van die heerlike reënseisoen wat die Karoo tans ervaar ook dringend onderdak stoorplek vir 'n paar goed kry. Ongelukkig was die braaiplek die enigste opsie. Ons nuwe eenheid ontvang egter baie komplimente en is ook teen dieselfde prys as die voorste eenheid, waar jy tuisgegaan het, geadverteer. Die nuwe eenheid is baie groter maar ons het gevoel omdat alles nog nie heeltemal 100% vertoon nie gaan ons dieselfde tarief vra.
Ons werk hard daaraan om die "rommel" te verwyder en ons geriewe op te gradeer. Hoop om jou en jou gesin weer in die toekoms van diens te wees.
Vriendelike groete
Starry Nights
Anton B - Des 2019
Algehele gradering
Slegs een aand oorgeslaap.
Starry Nights se terugvoer
Beste Johan,
Die eenheid waar jy tuisgegaan het is onlangs oorgeverf. Ons het 'n droë winterseisoen beleef en die swembad behoort, na die reën wat ons tans ontvang, weer mooi te vertoon.
Vriendelike groete
Starry Nights.
Johan P - Des 2019
Algehele gradering
Ek was op die verkeerde tyd daar.
Lees meerStarry Nights se terugvoer
Beste Johan,
Jammer dat jou ervaring minder aangenaam was. Ons het egter 'n probleem met water in die dorp en het derhalwe verlede jaar al 'n tenk met drukpomp geïnstalleer. My man het jul in my afwesigheid geskakel en aangebied om die pomp aan te skakel, maar kon jul egter nie telefonies bereik nie. Ons sal wel oorweeg om slotte aan die kaste aan te bring, baie dankie vir die terugvoer. Ek glo ook dat jy reeds die terugbetaling ontvang het, soos ek ooreengekom het om te doen. Hoop om julle weer in die toekoms hier te kan verwelkom.
Groete
Hans G - Mrt 2019
Algehele gradering
Vuil.
Starry Nights se terugvoer
Beste Awie en gade,
Ek voel regtig u kommentaar op my eenheid is onregverdig en ongevraagd.
Ek was heeltemal bewus van u en u man se aankoms en was self in die eenheid kort voor u aankoms. Alles was netjies en in plek. Ek was ook na die voorval weer in die eenheid en het my skoonmaker aangetref waar sy besig was om die vloer skoon te maak.
Ek het ook telefonies met u man gesels net voor u aankoms waarna hy my gevra het om hom asseblief as "oom " aan te spreek omdat hy alreeds in die tagtig is. U het geweier om met die huiswerker te praat en aangedring daarop om my seun, wat ten tye van die voorval tuis was en dadelik vir u oopgesluit het met u aankoms, te sien. My seun het sover gegaan om aan u my motorhuis aan te bied vir parkering.
Ek het teruggeskakel na die voorval waarna ek by u skoonseun uitgekom het en ooreengekom het om die geld aan u terug te betaal. Ek het ook die opdrag aan die persoon wat my administrasie hanteer, deurgestuur. Ek sal opvolg of dit wel plaasgevind het, indien nie, sal ek die aangeleentheid aanspreek.
Indien u egter met 'n lysie foute soek, is ek seker dat u wel iets iewers sal aantref wat nie volgens u smaak is nie.
Groete,
Helga Viviers (Starry Nights)
Ronel V - Jan 2018
Algehele gradering
Wonderlike mense en gerieflike slaapplek.
Starry Nights se terugvoer
Beste Ronel,
So bly jul het lekker gebly. Kom gerus weer.
Groete,
Helga
Sasha B - Mei 2018
Algehele gradering
Lovely stay at Starry Nights - that electric blanky was a bonus!
Starry Nights se terugvoer
Dear Sasha,
You are more than welcome! Please do come again.
Regards,
Helga
Hendrik K - Feb 2018
Algehele gradering
Aangename verblyf as jy op reis is.
Starry Nights se terugvoer
Beste Hendrik,
Baie dankie vir jou positiewe terugvoer. So bly Jolandie het lekker gebly.
Groete Helga,
Starry Nights
Mariska P - Des 2018
Algehele gradering
Basiese akkommodasie.
Starry Nights se terugvoer
Goeiedag Mariska,
Dit was lekker om jul te ontmoet.
Ons gebruik juis die slaapbank omdat dit meer spasie vir beweging in die kamer laat vir jong gaste wat dalk wil speel ens. Ons ruil graag die slaapbank vir 'n enkelbed wanneer ons 4 volwasse gaste huisves.
Dankie vir die terugvoer oor die Wi-Fi ons sal aandag daaraan skenk.
Hoop om jul en die twee kleingoed weer te kan verwelkom in die toekoms.
Groete Helga
Estelle H - Jun 2018
Algehele gradering
Gaaf, maar baie beknop, hulle kan groot onnodige klerekas uithaal.
Cindy S - Des 2018
Algehele gradering
Our stay was very nice. The host was amazing and there to help. We really enjoyed our stop. Perfect place just for a sleepover.
Anonieme gas - Jun 2018
Algehele gradering
Thandiwe L - Apr 2018
Algehele gradering
I would highly recommend this place, it's quiet and lovely.
Starry Nights se terugvoer
Thank you, Thandi. I am glad that you enjoyed your time with us. Please do come again.
Regards,
Helga
Zelda F - Des 2017
Algehele gradering
Baie lekker en netjies.
Starry Nights se terugvoer
Beste Zelda,
Dit was vir ons baie lekker om jul hier te kon verwelkom. Ons is deurlopend besig om op te gradeer en beskik ons eenheid dan nou ook oor 'n yskas. Baie dankie vir jul positiewe terugvoer.
Hoop om jul weer in die toekoms by ons te kan verwelkom.
Groete,
Helga
Owen A - Des 2017
Algehele gradering
Vriendelik.
Starry Nights se terugvoer
Baie dankie vir jul positiewe terugvoer, Owen. Dit was lekker om jul te ontmoet en te kon verwelkom in die Karoo. Kom gerus weer.
Groete Helga
Maritza O - Nov 2017
Algehele gradering
Homely.
Karin R - Sep 2017
Algehele gradering
Gesinsvriendelik.
Tracy L - Des 2017
Algehele gradering
Great overnight stay.
Lees meerLusapho Q - Jul 2017
Algehele gradering
The place justifies the price.
Magdel L - Des 2017
Algehele gradering
Waarde vir geld vir ‘n vinnige oorslaap.
Starry Nights se terugvoer
Beste Magdel, baie dankie vir jul positiewe kommentaar. Ons sukkel egter met 'n kalkneerslag in ons water en veroorsaak dit soms verkleuring van nie-wit badkamertoerusting. Ons gee nietemin aandag aan die probleem, en ons hoop om jul weer in die toekoms te kan verwelkom. Groete, Starry Nights.
Charles P - Des 2017
Algehele gradering
Gerieflik.
Starry Nights se terugvoer
Beste Charles,
Ons eenheid beskik nou oor 'n yskas, klein stofie met 'n oond asook 'n tafel met stoele. Hoop om weer in die toekoms van jul te hoor.
Groete,
Starry Nights
Menno B - Des 2017
Algehele gradering
Netjies, klein en goedkoop.
Starry Nights se terugvoer
Beste Menno,
Ons gaste se terugvoer is vir ons belangrik. Die Karoo water is vol kalk en dit veroorsaak 'n kalkneerslag veral rondom krane. Ons is tans in die proses om dit te probeer verwyder. Ons verneem graag hoe ons die privaatheid kan verbeter aangesien dit alreeds 'n aparte eenheid is. Stoele asook 'n yskas is nou beskikbaar in die eenheid. Hoop om jul weer in die toekoms van diens te kan wees.
Groete,
Starry Nights
Anonieme gas - Jul 2017
Algehele gradering
Theresa V - Des 2017
Algehele gradering
Bekostigbare verblyf maar ligging van die kamer is nie ideaal nie.
Starry Nights se terugvoer
Beste Theresa,
Starry Nights poog om dit so gerieflik moontlik vir gaste te maak. Ons eenheid beskik dan nou ook oor 'n yskas.
Hoop om jul in die toekoms weer by ons te kan verwelkom.
Groete,
Starry Nights
- Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 8 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Noordeinde-straat 7, Middelburg, Karoo, 5704, Oos-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang