Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Stay @ Gracios

  • Kapasiteit: 16 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Bothastraat 51, Oudtshoorn, 6625, Wes-Kaap
  • Vanaf R980 per nag (plek vir 4)

Beskrywing

Stay@Gracios is in Oudtshoorn op pad na die Kangogrotte geleë. Die dorp is op die bekende Kaapse Roete 62 in die Wes-Kaap geleë. Dit spog met die grootste volstruispopulasie in die wêreld en dié volstruise is op verskeie uitstekende volstruisskouplase in die distrik. Die eiendom is in 'n veilige, stil, afgesonderde singel langs die Cango Wildlife Ranch geleë en bied totale privaatheid.

Verblyf is beskikbaar in 2 selfsorg-eenhede wat op die grondverdieping geleë is.

Die tweeslaapkamervilla se eerste slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en wasbak. Die tweede slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n stapelbed. Die tweede badkamer het 'n bad, toilet en wasbak. Die oopplan-leefarea lei na 'n stoep. Die kombuis is met 'n yskas-vrieskas, mikrogolf, vierplaatstoof, oond, eetgerei, breekware en 'n ontbythoekie toegerus. Dit sitarea spog met gemaklike banke en 'n platskerm-TV met sekere DStv-kanale. Verder is daar 'n etenstafel vir 6, 'n wasgoedkamer met 'n wasmasjien en droogmaak- en strykgeriewe. Daar is stoepmeubels en draagbare braaigeriewe.

Die eenslaapkamervilla het 'n platskerm-TV met satellietkanale en die slaapkamer het 2 dubbelbeddens. Die badkamer het 'n stort, 'n wasbak en 'n toilet. Die kombuisie is met 'n yskas, mikrogolf, breekware en eetgerei toegerus.

Die parkeerplek is naby die ingang. 'n Klimraam en 'n trampolien is vir kinders beskikbaar.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Gastesitkamer
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Troeteldiere indien gereël
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Italiaans

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Resensies

4.7/ 5

Gebaseer op 108 resensies

Uitstekend

Netheid
4.7
Ligging
4.7
Waarde vir geld
4.7
Diens
4.7
Veiligheid
4.6
Wat gaste dink
Ellick S
Saam met vriende
5.0
Uitstekend. Baie lekker gebly, baie stil en alles wat ons nodig gehad het, was daar.
May 2024
Frederick P
Saam met vriende
5.0
Lekker kuier, skoon geriewe, vriendelike diens. Ons het heerlik oorgebly vir 'n aand. Hulle het uit hul pad gegaan om ons welkom te laat voel. Het dit...
Sien meer
May 2024
Nicolene P
Gesin met klein kinders
5.0
Was gerieflik en kon darem wasgoed was. Ons het lekker gebly.
Mar 2024
Berni R
Saam met vriende
5.0
Enjoyable. Beautiful accommodation. Spacious - comfortably sleeps 7. Close to everything.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Mar 2024
Graeme L
Besigheidsreis
5.0
Rustig. Ruim en netjies. Vriendelike diens!
Mar 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.7/5

Lidiana Geverifieer

Eiendomme 2

Resensies 111

Op LekkeSlaap 7 jaar

Ligging

  • Bothastraat 51, Oudtshoorn, 6625, Wes-Kaap
  • Gaste dink Stay @ Gracios het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R980
per nag (plek vir 4)
Vanaf
Vanaf R980
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 16 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Bothastraat 51, Oudtshoorn, 6625, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAf3a0f4b930f75459eb5f7a11baf2a56a214a68c1018364154d52bc77ac543d4ee70839836eb1e6db0c909aad8c4be19bece9?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R980 per nag (plek vir 4) 108 5 1 5 51 Botha Street Oudtshoorn 6625 Wes-Kaap 021 201 8901 15:00-21:00 10:00 -33.569303067873 22.208858716602

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang