Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Steenbokfontein Sea Farm Accommodation

  • Kapasiteit: 44 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Steenbokfontein Seeplaas, Langs die R365, Lambertsbaai, 8130, Wes-Kaap
  • Vanaf R950 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Steenbokfontein Sea Farm Accommodation is op 'n unieke Weskus-plaas, slegs 100 m vanaf die see. Dit is net 4 km suid vanaf die gewilde Muisbosskerm en 9 km suid van Lambertsbaai op die Lambertsbaai-Elandsbaai-pad geleë.

Verblyf is beskikbaar in 5 eenhede met slaapplek vir 6 en 2 eenhede met slaapplek vir 10. Elke eenheid het 2 slaapkamers en 1 badkamer. Die eenhede vir 6 het elk 'n sitarea met gemaklike rusbanke, asook 'n kombuis wat met 'n mikrogolf, tweeplaatstoof en yskas-vrieskas toegerus is en daar is 'n privaat stoep met 'n ingeboude braai.

Elk van die eenhede wat slaapplek aan 6 tot 10 gaste bied is met 'n stoof, oond, mikrogolf, broodrooster, yskas-vrieskas en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus en bied toegang tot 'n gemeenskaplike buitebraai en 'n privaat, draagbare braai. Eenheid 5 spog ook met 'n binnebraai. Alle eenhede is rolstoelvriendelik.

Hier kan gaste die stil en rustige atmosfeer en die klank van branders geniet. Wilde diere soos steenbokkies, hasies en kleurvolle voëls soos poue, korhane, heilige ibisse, tarentale, valke en hadedas kom groet gaste soggens en saans.

Gaste is welkom om Simon's Rock te besoek waar Simon van der Stel destyds die nag deurgebring het en meer as 100 jaar gelede, naby die strand by Steenbokfontein, het die HMS Sybille gestrand. Die liefdesverhaal van die Sybille is te koop.

Daar is fietsry- en voetslaan-roetes wat kruis en dwars oor die hele plaas loop, asook 'n labirint met 'n pragtige uitsig oor die rotsagtige heuwels, plaas en die see. Gaste kan kreefduik, visvang en branderplankry op die privaat strand oorkant die plaas. Een van die langste treine in die wêreld kan gesien en gehoor word soos hy op die nabye Saldanha/Sishen-spoorweg verbystoom.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Troeteldiere op versoek

Resensies

4.5/ 5

Gebaseer op 65 resensies

Uitstekend

Netheid
4.4
Ligging
4.6
Waarde vir geld
4.6
Diens
4.4
Veiligheid
4.7
Gaste se hoogtepunte
Marchel D
Gesin met klein kinders
5.0
Fantastic place to stay. Ons het baie lekker gebly.
Apr 2024
Arno B
Saam met vriende
5.0
Lekker familie kuier. Ons het lekker gekuier. Corralee & Herman was baie vriendelik en het ons goed ontvang. Baie dankie vir die tuisgemaakte beet - d...
Sien meer
Apr 2024
Gillian L
Saam met vriende
5.0
Rustigheid, natuur, die see en die stap. Ons het dit baie geniet. Die rustigheid, die see, stap na die grotte toe. Sal definitief weer kom kuier. Dank...
Sien meer
Jan 2024
Nicoleen S
Gesin met tieners
5.0
Rustige, netjiese omgewing. Kos vir die siel. Eenheid was skoon, netjies en goed toegerus. Baie rustige, mooi omgewing. Die mense was baie vriendelik ...
Sien meer
Des 2023
Zimonè K
5.0
Rustig, lekker vir avonture, vriendlik. Dit was lekker rustig by die huisies, al die mense was vriendlik en die bestemming was verskriklik mooi. Die e...
Sien meer
Des 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.5/5

Herman Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 65

Op LekkeSlaap 9 jaar

Ligging

  • Steenbokfontein Seeplaas, Langs die R365, Lambertsbaai, 8130, Wes-Kaap
  • Gaste dink Steenbokfontein Sea Farm Accommodation het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 950
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R 950
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 44 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Steenbokfontein Seeplaas, Langs die R365, Lambertsbaai, 8130, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDFhZjg4Mzg2LWIwODktNDY0NC04NGVhLTI1NjhkZTRhYzRhZA?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R950 per nag, vir 2 mense 65 5 1 5 Steenbokfontein Seeplaas Off the R365 8130 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-17:00 10:00 -32.167934352333 18.315452382942

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang