Steenbras Self-catering Accommodation
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Marsbanker 465, Hentiesbaai, 0000, Erongo
- Vanaf R1 250 per nag, vir 6 mense
Beskrywing
Steenbras Self-catering Accommodation skuil in die gewilde vakansiedorp, Hentiesbaai, in die Erongo-streek van Namibië. Die verblyf is binne 500 m van die seefront en naby die middedorp se geriewe en besienswaardighede.
Steenbras Self-catering Accommodation bied verblyf in 'n ruim tweeslaapkamerwoonstel met gemaklike Corricraft-beddens. Die eenheid het slaapplek vir 4 volwassenes en 2 kinders. Elke slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en daar is matrasse vir 2 kinders. Die badkamer het 'n toilet, wasbak, bad en 'n stort.
Die oopplan-leefarea lei na 'n kombuis wat met 'n yskas, vrieskas, mikrogolf, oond, stoof, broodrooster, tee- en koffiemaakgeriewe, eetgerei en breekware toegerus is. Gratis WiFi is beskikbaar en die eeneid het 'n TV met sekere DStv-kanale, 'n alarmstelsel en 'n kluis vir waardevolle items. Veilige parkeerplek is op die perseel beskikbaar.
Die eenheid het 'n omheinde tuin met 'n braai-area. Goedgemanierde, gesosialiseerde troeteldiere is welkom indien daar gereël word.
Die gastehuis is naby restaurante, winkels en die strand en is sowat 70 km vanaf Swakopmund en 112 km vanaf Walvisbaai Internasionale Lughawe geleë.
Kamer-opset
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
Leefarea
2 x Kindermatras vir 1
Badkamer
Stort, Bad, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.5/5
Teresa Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 14
Op LekkeSlaap 3 jaar
Ligging
- Marsbanker 465, Hentiesbaai, 0000, Erongo
- Gaste dink Steenbras Self-catering Accommodation het ’n baie goeie ligging
- Kapasiteit: 6 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Marsbanker 465, Hentiesbaai, 0000, Erongo