Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Stella Maris 91

Selfsorg
  • Kapasiteit: 5 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Kusweg 73, Stella Maris 91, Amanzimtoti, 4126, KwaZulu-Natal
  • Vanaf R2 500 per nag (plek vir 5)

Beskrywing

Stella Maris 91 is 'n pragtige vakansiewoonstel met 'n see-tema wat in 'n veilige kompleks in die hartjie van Amanzimtoti geleë is. Dit bederf nie net met panoramiese see-uitsigte nie, maar is ook 'n hanetreetjie van die strand af geleë.

Dié woonstel met lugversorging het slaapplek vir 5 gaste op 'n slag en beskik oor 2 slaapkamers met see-uitsigte en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer is ingerig met 'n koninggrootte-bed en beskik oor 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die tweede slaapkamer het 'n driestapelbed en maak gebruik van die tweede badkamer met 'n bad. Alle linne en badhanddoeke word voorsien; gaste moet egter hul eie strandhanddoeke saambring.

Die oopplan-leefarea beskik oor 'n stylvolle kombuis wat volledig toegerus is met 'n stoof, oond, mikrogolf, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware asook 'n ontbyttoonbank waar gaste hul maaltye saam kan geniet. Vir gaste se gerief is 'n skottelgoedwasser, wasmasjien en tuimeldroër beskikbaar. Van die kombuis af lei 'n sitkamer met gemaklike sitplek en 'n slim-TV teen die muur. Toegang tot gratis WiFi is beskikbaar.

Hierdie leefarea maak oop op 'n oulike balkon wat die perfekte plek is vir óf 'n oggendkoffie óf 'n skemerkelkie terwyl jy die uitsigte ten volle bewonder. Die kompleks bied gaste 'n gemeenskaplike swembadarea met braaigeriewe asook veilige parkeerplek.

Kamer-opset

Slaapplek vir 5 mense 2 Slaapkamers 2 Badkamers, 1 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koninggrootte-bed

Stort, Toilet

Slaapkamer

3

1 x Tripelstapelbed

Badkamer

Bad, Toilet

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Badkamer

  • Bad
  • En-suite
  • Stort

Eenheidgeriewe

  • Lugversorging

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Vermaak

  • Tv

Ligging

  • Kusweg 73, Stella Maris 91, Amanzimtoti, 4126, KwaZulu-Natal
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 2 500
per nag (plek vir 5)
Vanaf
Vanaf R 2 500
per nag (plek vir 5)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 5 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Kusweg 73, Stella Maris 91, Amanzimtoti, 4126, KwaZulu-Natal
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA8d59acfa638f3552ce9732b5fbd0f606d0e1953bbe50da05a0398007e6affcd01c6da6461f95a1860024b47decefd2f3ebaa?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 500 per nag (plek vir 5) 73 Beach Road Stella Maris 91 4126 KwaZulu-Natal 021 201 8901 14:00-22:00 10:00 -30.0518979 30.8878191

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang