Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Stella Maris 92

Selfsorg
  • Kapasiteit: 5 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Kusweg 73, Stella Maris 92, Amanzimtoti, 4126, KwaZulu-Natal
  • Vanaf R1 850 per nag (plek vir 5)

Beskrywing

Stella Maris 92 is 'n pragtige vakansiewoonstel met 'n see-tema in 'n veilige kompleks in die hartjie van Amanzimtoti. Dit bied 'n panoramiese uitsig oor die see en dis net 'n hanetreetjie vanaf die strand.

Die woonstel het lugversorging en bied slaapplek aan 5 gaste. Daar is 2 slaapkamers wat na die see front en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die tweede slaapkamer het 'n tripelstapelbed en gaste in dié slaapkamer maak van die tweede badkamer met 'n bad gebruik. Alle linne en badhanddoeke word voorsien en gaste moet hul eie swemhanddoeke saambring.

Die oopplan-leefarea het 'n stylvolle kombuis wat met 'n stoof, oond, mikrogolfoond, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware toegerus is en daar is ook 'n toonbank met sitplek vir 6 gaste. 'n Skottelgoedwasser, wasmasjien en 'n tuimeldroër is beskikbaar. Die kombuis lei na 'n sitarea met gemaklike sitplek en 'n slim-TV teen die muur. Gratis WiFi is beskikbaar.

Die leefarea lei na 'n oulike balkon waar gaste hul oggendkoffie of 'n skemerkelkie kan drink terwyl hulle die uitsig geniet. Die kompleks bied 'n gemeenskaplike swembad met braaigeriewe en veilige parkeerplek.

Kamer-opset

Slaapplek vir 5 mense 2 Slaapkamers 2 Badkamers, 1 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koningingrootte-bed

Stort, Toilet

Slaapkamer

3

1 x Tripelstapelbed

Badkamer

Bad, Toilet

Kenmerke

Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Swem

Hier praat ons

  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • 24-Uur Sekuriteit
  • Agter Elektriese Hek

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Badkamer

  • Bad
  • En-suite
  • Stort

Eenheidgeriewe

  • Lugversorging

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Vermaak

  • Tv

Ligging

  • Kusweg 73, Stella Maris 92, Amanzimtoti, 4126, KwaZulu-Natal
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R1 850
per nag (plek vir 5)
Vanaf
Vanaf R1 850
per nag (plek vir 5)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 5 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Kusweg 73, Stella Maris 92, Amanzimtoti, 4126, KwaZulu-Natal
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA78c9c2b826db7f30f77634391c492a35bbfe283d3cfd64de2e77c7dfb1656631211130f6ec0a6543c1f135e478101b9ed054?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 850 per nag (plek vir 5) 73 Beach Road Stella Maris 92 4126 KwaZulu-Natal 021 201 8901 14:00-22:00 10:00 -30.0518979 30.8878191

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang