Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Stellenberg Guest Unit

Gastehuis
Langtermynverblyf-aanbod 10% af

Kry 10% af vir verblyf wat 5 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.

  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Old Mutual-straat 29, Stellenberg, Durbanville, 7550, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 495 R1 346 per nag, vir 4 mense

Beskrywing

Stellenberg Guest Unit bied veilige, gerieflike oornagverblyf in die rustige Kaapse voorstad, Durbanville. Dié woonstel is op die eienaar se perseel en is vas aan die hoofhuis.

Die eenheid bied slaapplek aan 2 volwassenes en 1 of 2 kinders op versoek, of 3 volwassenes en 1 kind op 'n matras.

Daar is 'n sitkamer met ‘n enkelbed en 1 slaapkamer met ‘n koningingrootte-bed en 'n en-suite badkamer met 'n stort. 'n Matras kan vir 'n addisionele kind op versoek voorsien word.

Vars, wit linne, handdoeke, ligte happies in die yskassie en skoonmaakmiddels word voorsien. Die eenheid het 'n mikrogolfoond, broodrooster, breekware en eetgerei.

Ander geriewe sluit 'n braai-area, swembad, gratis onbeperkte en vinnige WiFi, beperkte DSTV kanale en parkeerplek in.

Troeteldiere is welkom, indien dit vooraf gereël word met die navraag. Daar word wel ‘n troeteldierfooi met aankoms gehef, wat terugbetaalbaar is met vertrek.

Besienswaardighede in die omgewing sluit onder andere Durbanville Gholfklub, die Galileo Opelug-filmteater, Durbanville se wynlandgoedere, die GrandWest Casino en die Tygervallei Winkelsentrum in. Die eenheid is na aan hoofpaaie en in ‘n rustige, gepatrolleerde woonbuurt met kameras.

Kamer-opset

Slaapplek vir 4 mense 2 Slaapkamers 1 Leefarea 1 Badkamer, 1 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koninggrootte-bed

Stort, Toilet

Slaapkamer

2

1 x Kindermatras vir 1

1 x Ekstra enkelmatras

Leefarea

2

1 x Enkelbed / Driekwartbed

1 x Kindermatras vir 1

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Swembad
TV
DStv
Braai

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 119 resensies

Uitstekend

Netheid
5.0
Ligging
4.9
Waarde vir geld
4.9
Diens
5.0
Veiligheid
4.8
Gaste se hoogtepunte
Sonja I
5.0
Fantastiese plek met uitstekende diens. Fantastiese akkommodasie met die wonderlikste gasvrou en gasheer. Niks is te veel moeite nie en so baie lekker...
Sien meer
Des 2024
Linda N
5.0
Awesome place! Exceeded expectations. What a lovely host and a lovely place. It exceeded my expectations. I decided I will return on a ...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Nov 2024
Meagan J
Saam met lewensmaat
5.0
We arrived with a warm welcome. We actually felt more at home. It was amazing, really.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Nov 2024
Magrieta D
Besigheidsreis
5.0
Baie lekker gebly. Ekstra bederfies is baie spesiaal. Sal beslis weer daar gaan bly.
Nov 2024
Janine C
Gesin met klein kinders
5.0
Gemaklike blyplek vir die hele gesin. Vriendelike gasvrou met gemaklike blyplek vir die hele gesin. Skoon en netjies met alles wat jy nodig het. Naby ...
Sien meer
Okt 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Uanita/Hannes Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 119

Op LekkeSlaap 7 jaar

Ligging

  • Old Mutual-straat 29, Stellenberg, Durbanville, 7550, Wes-Kaap
  • Gaste dink Stellenberg Guest Unit het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 495
R 1 495 R 1 346
per nag, vir 4 mense
Vanaf R1 495
R 1 495 R 1 346
per nag, vir 4 mense
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 4 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Old Mutual-straat 29, Stellenberg, Durbanville, 7550, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA7bb91fb809e98609500cf87a0a552c8fda0c007f046744b0bf10b0538972ed03f784036f8760ab6d66a74fe3c1f133a35dd2?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R1 495 nouVanaf R1 346 per nag, vir 4 mense 119 5 1 5 29 OId Mutual Street Stellenberg 7550 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-23:00 10:00 -33.868440144861 18.652915656567

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang