Stellenberg Guest Unit
Kry 10% af vir verblyf wat 5 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
-
Kapasiteit: 4 persone
3 volwassenes, 1 kind - Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Old Mutual-straat 29, Stellenberg, Durbanville, 7550, Wes-Kaap
-
Vanaf
R1 275R1 148 per nag, vir 3 mense
Beskrywing
Stellenberg Guest Unit/Gaste-eenheid bied veilige, gerieflike oornagverblyf in die rustige Kaapse voorstad, Durbanville (Stellenberg), Dié woonstel is op die eienaar se perseel en is vas aan die hoofhuis.
Die eenheid bied slaapplek aan vir 1 of 2 volwassenes en 1 (of 2 kinders op versoek), of 3 volwassenes of 3 volwassenes met 1 kind op 'n matras. Die eenheid kan ongelukkig nie 4 volwassenes akkommodeer nie.
Daar is 'n sitkamer met ‘n enkelbed en 1 slaapkamer met ‘n koningingrootte-bed en 'n en-suite badkamer met 'n stort. 'n Matras word vir 'n addisionele kind (as 4e gas) op versoek voorsien word.
Vars, wit linne, handdoeke, ligte happies in die yskassie en vars melk, sap, water en joghurt word voorsien. Die eenheid het 'n mikrogolfoond, broodrooster, klein gasstofie vir ketel met load shedding, breekware en eetgerei. Skottelgoed word vir die gaste gewas en vervang soos nodig.
Ander geriewe sluit 'n braai-area, swembad, gratis onbeperkte en vinnige WiFi, beperkte DSTV kanale en parkeerplek in.
Troeteldiere is welkom, indien dit vooraf gereël word met die navraag. Daar word wel ‘n kontant troeteldierfooi met aankoms gehef, wat terugbetaalbaar is met vertrek.
Besienswaardighede in die omgewing sluit onder andere Durbanville/Cape Gate Medikliniek, Tygervalleikliniek, Durbanville Gholfklub, die Galileo Opelug-filmteater, Durbanville se wynlandgoedere, die GrandWest Casino en die Tygervallei, asook Willowbridge Winkelsentrum in. Die eenheid is na aan hoofpaaie en in ‘n rustige, gepatrolleerde woonbuurt met kameras.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koninggrootte-bed
Stort, Toilet
Slaapkamer
1 x Kindermatras vir 1
1 x Ekstra enkelmatras
Leefarea
1 x Enkelbed / Driekwartbed
1 x Kindermatras vir 1
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.9/5
Uanita/Hannes Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 125
Op LekkeSlaap 7 jaar
Ligging
- Old Mutual-straat 29, Stellenberg, Durbanville, 7550, Wes-Kaap
- Gaste dink Stellenberg Guest Unit het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Stellenberg Noordelike Voorstede Kaapstad Wes-Kaap
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
-
Kapasiteit: 4 persone
3 volwassenes, 1 kind - Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Old Mutual-straat 29, Stellenberg, Durbanville, 7550, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang