Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported
Waarheen is jy op pad?
Datums
2 Gaste

Stellenbosch Paradijs Gesinshuis

Selfsorg
  • Kapasiteit: 7 persone
    6 volwassenes, 1 baba
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Longifolia-straat, Stellenbosch, 7600, Wes-Kaap
  • Vanaf R5 300 per nag (plek vir 7)

Beskrywing

Stellenbosch Paradijs Gesinshuis is 'n bekoorlike gesinshuis, ideaal vir gesinne of groepe vriende wat op soek is na 'n rustige en onvergeetlike vakansie in Stellenbosch.

Dié huis het slaapplek vir 6 volwassenes en 1 baba en beskik oor 3 smaakvol gemeubileerde slaapkamers en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer spog met 'n pragtige berguitsig en is ingerig met 'n koninggrootte-bed en 'n bababedjie en het 'n en suite-badkamer met 'n bad, stort, wasbak en toilet. Die tweede slaapkamer het 'n koningingrootte-bed, terwyl die derde slaapkamer 'n koningingrootte-bed het. Hulle deel die gebruik van 'n badkamer wat toegerus is met 'n stort, wasbak en toilet. Linne en handdoeke word voorsien.

Die kombuis is toegerus met 'n yskas-vrieskas, stoof, oond, lugbraaier, mikrogolf, broodrooster, eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe. Daar is 'n skottelgoedwasser vir gaste se gerief. Die eet- en sitarea is met gemaklike sitplek gemeubileer is, en het 'n slim-TV is met stroomdiens en toegang tot Netflix asook 'n knus gas-kaggel.

Daaglikse skoonmaak dienste is beskikbaar teen addisionele koste, verblyf langer as 5 dae sal op die 5de dag skoonmaakdienste ontvang teen die daaglikse skoonmaak koste tarrief om gaste se gerief en ontspanning te verseker, hierdie koste sal saam met die deposito gefaktureer word deur die eienaar.

Wees asb bedag teenoor ander gaste wat die kothuis en woonstel, op die perseel, okkupeer. Hierdie eenhede kan ook saam met die huis bespreek word, alternatiewelik sal dit beskikbaar wees vir andergaste. Hierdie eenhede het hulle eie privaat ingange aan die kant van die huis. Die enigste areas wat deur gaste gedeel word is die swembad en grasperke wat deur huisgaste en die eienaars self gerbuik kan word.

Die eiendom spog met 'n stoep met asemrowende berguitsigte, wat die perfekte omgewing bied om jou oggendkoffie of 'n aandskemerkelkie te geniet. Gaste kan ontspan en pret hê in die swembad (neem asb kennis dat die eienaars ook toegang en nut van die swembad en tuin/grasperke sal hê indien hulls so sou verlang), terwyl die buitebraai-area 'n ingeboude houtbraai het en vir die huis gaste se alleen gebruik sal wees, aangevul deur 'n ruim eetarea vir onthaal. 'n Speelgrasperk met 'n trampolien bied 'n prettige ruimte vir kinders om energie af te brand, en straat parkeerplek is beskikbaar wat u voertuig akkommodeer. Indien dit verlang sou word kan n voertuig snags agter geslote hekke geparkeer word.

Kamer-opset

3 Slaapkamers 2 Badkamers, 1 en suite

Slaapkamer

En suite

3

1 x Koninggrootte-bed

1 x Kinderbedjie

Stort, Bad, Toilet

Slaapkamer

2

1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer

2

1 x Koningingrootte-bed

Badkamer

Stort, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
WiFi
Wassery naby
Swembad
Mooi uitsig
TV
Lugversorging
Verwarmer
Volledige kombuis
Stroomdienste
Kaggel
Braai

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

5/5

Stellenbosch
Paradijs ...

Eiendomme 2

Resensies 7

Op LekkeSlaap 8 maande

Ligging

  • Longifolia-straat, Stellenbosch, 7600, Wes-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 5 300
per nag (plek vir 7)
Vanaf
Vanaf R 5 300
per nag (plek vir 7)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 7 persone
    6 volwassenes, 1 baba
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Longifolia-straat, Stellenbosch, 7600, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA3dd9fbe6bc0312d3dbcb58bc63623272ec65df0d3b6b185c834362faed32c57e6616c8399ccf379d9f52db884a8979a395ed?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R5 300 per nag (plek vir 7) Longifolia Street Stellenbosch 7600 Wes-Kaap 021 201 8901 15:00-23:00 10:00 -33.964429499415 18.855314506735

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Ma.Di.Wo.Do.Vr.Sa.So.
242526272812345678910111213141516171819202122232425262728293031123456
Ma.Di.Wo.Do.Vr.Sa.So.
242526272812345678910111213141516171819202122232425262728293031123456