Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Stevenski's Guesthouse

Gastehuis
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Hardekoolsingel 2, Onverwacht, Lephalale, 0557, Limpopo
  • Vanaf R1 000 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Stevenski's Guesthouse staan onder die blaredak van inheemse bome en is ideaal vir voëlkykers en besoekers wat smag na rus. Stevenski's Guesthouse is net 4 ure se ry van Johannesburg af en bied 'n rustige atmosfeer en alles wat die bosveld het om te bied, selfs nagapies speel in ons tuin. By Stevenski's Gastehuis word vreemdelinge vriende en ons strewe om almal welkom en tuis te laat voel.

Kamers 1 tot 3 is ruim en beskik oor en suite-badkamers met baddens en storte, kamers 4 tot 6 het en suite-storte. Kamers 4 tot 7 is selfsorg-eenhede vir 2 persone. Elke kamer het 'n werkstasie vir sakereisigers.

Die nuutste toevoegings, kamer 8, 9, 10, 11 en 12 is uitmuntend en het en suite-badkamers met baddens en storte. Elkeen is toegerus met 'n mikrogolfoond, eetgerei en breekware vir 2 persone.

Al die kamers het 'n pragtige uitsig oor die tuin en daar is verskeie buite-areas waar gaste kan ontspan. Koel ook gerus lekker af in die swembad.

Ontbyt en aandete word bedien in die eetkamer met sy groot stoepdeure en uitsigte oor die tuin en swembad. Gaste kan 'n heerlike ontbyt of tuisgemaakte etes hier geniet. Kospakkies is ook beskikbaar op versoek.

Lephalale is in die lieflike Waterberge, sowat 333 km van Johannesburg af geleë. Die gastehuis is strategies geleë in 'n stil buurt, op pad na die Matimba- en Medupi-kragstasie en die Exxaro-myn (sowat 12 km van ons af). Lephalale se FET College, Mogol Club en die winkelsentrum is stapafstand van ons af. Vervoer is beskikbaar na en vanaf die plaaslike vliegveld.

Stevenski's Gastehuis se leuse is "Waar vreemdelinge vriende word" en dit is vir ons belangrik dat jy tuis voel tydens jou verblyf.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Wasgoeddiens
Swembad
Ontbyt beskikbaar

Resensies

4.6/ 5

Gebaseer op 6 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
4.3
Waarde vir geld
4.5
Diens
4.7
Veiligheid
4.7

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.6/5

Anita Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 6

Op LekkeSlaap 9 jaar

Ligging

  • Hardekoolsingel 2, Onverwacht, Lephalale, 0557, Limpopo
  • Gaste dink Stevenski's Guesthouse het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 1 000
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R 1 000
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 10 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Hardekoolsingel 2, Onverwacht, Lephalale, 0557, Limpopo
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGM2MGM0OWU5LWE4MjctNDM2Mi1iZmQxLTE2OTM2YzU4ZTQwMw?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 000 per nag, vir 2 mense 6 5 1 5 2 Hardekool Crescent Onverwacht 0557 Limpopo 021 201 8901 14:00-21:00 10:00 -23.68567957156 27.687784330372

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang