Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Stilbaai Lekkebly

  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 2 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Noemnoemstraat 1, Stilbaai-wes, Stilbaai, 6674, Wes-Kaap
  • Vanaf R900 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Stilbaai Lekkebly is in die stil en rustige Stilbaai-Wes en bied gemaklike verblyf.

Dié eenheid is op die eienaar se perseel en beskik oor 'n slaapkamer met basiese selfsorggeriewe, leefarea en 'n en suite-badkamer.

Die slaapkamer het 'n koningingrootte-bed. Die badkamer het 'n stort, wasbak en 'n toilet. Alle beddegoed en handdoeke word voorsien, behalwe swemhanddoeke.

Die selfsorg-geriewe sluit 'n mikrogolf, yskas, tee- en koffiemaakgeriewe, eetgerei en breekware in, asook buitelug braaigeriewe en 'n houttafel met banke. Daar is veilige parkering agter skuifhek, asook 'n skadunet vir voertuie. Daar is ook 'n platskerm-TV met OpenView-kanale en 'n DVD-speler.

Stilbaai Lekkebly is stapafstand vanaf verskeie restaurante, geriefswinkels en klein winkels. Doendinge in die area sluit in: rolbal, muurbal, pragtige gholfbane, tennis, fietsry, bergfietsry, watersport, diepseevisvang, branderplankry en seilvaart. Ander trekpleisters sluit die Botaniese tuine in Palingkloof en natuurreservate soos Pauline Bohnen, asook "Tuin op die Brak" vir blindes, Geelkrans en Skulpiesbaai staproetes in.

Vir die braaiers is die eerste sak vuurmaakhout gratis. Daarna kan droë vuurmaakhout op die perseel gekoop word teen R40 per sak. Daar is 'n groot Melkhoutboom waaronder gaste kan kuier en 'n groen grasperk waar die honde kan baljaar.

Kamer-opset

Kapasiteit: 2 Aantal kamers: 1 Aantal badkamers: 1
Slaapkamer
Plek vir 2 mense
1 xKoningingrootte-bed
Badkamer

Stort, Toilet

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering

Geriewe

  • Kinderoppasser Op Versoek
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Troeteldiere indien gereël
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 12 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
5.0
Waarde vir geld
4.9
Diens
5.0
Veiligheid
4.9
Wat gaste dink
Wynand S
Saam met lewensmaat
5.0
Uiters gemaklik en uitstekend toegerus. Juweel in Stilbaai. Hilda is 'n ongelooflike gasvrou, die plekkie is ruim, fantasties ingerig en uiters netjie...
Sien meer
Mrt 2024
Annette E
Saam met lewensmaat
5.0
Die sal ons "go-to" verblyf in Stilbaai wees. Dit was perfek. Skoon, netjies, gemaklik. Veral omdat ons saam reis en dit kan soms uitdagend wees in ve...
Sien meer
Feb 2024
Patrick S
Saam met lewensmaat
5.0
Die kuier was uiters lekker, stil, vreedsaam en baie ontspannend en baie veilig. Die verblyf was absoluut fantasties. Die gasvrou was baie vriendelik ...
Sien meer
Jan 2024
Nellie K
Saam met lewensmaat
5.0
Uiters netjies en skoon. Alles wat mens nodig het in plek. Stil en rustig, baie skoon en netjies. Die ou Melkhoutboom met die braaier is iets spesiaal...
Sien meer
Mrt 2023
Frikkie V
Saam met lewensmaat
5.0
Vriendelikheid, netheid, hulpvaardigheid ens. - Alles in oormaat. Ons kan Stilbaai Lekkerbly beslis aanbeveel. Die ligging was vir ons perfek omdat on...
Sien meer
Jan 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Hilda Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 12

Op LekkeSlaap 5 jaar

Ligging

  • Noemnoemstraat 1, Stilbaai-wes, Stilbaai, 6674, Wes-Kaap
  • Gaste dink Stilbaai Lekkebly het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R900
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R900
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 2 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Noemnoemstraat 1, Stilbaai-wes, Stilbaai, 6674, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAKFG0uenrpqkztcImE4o7PMWm6elVmENdmSt4yEBrAjPsHRQPRY?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R900 per nag (plek vir 2) 12 5 1 5 1 Noemnoem Street Still Bay West 6674 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-21:00 10:00 -34.379477465634 21.406050337405

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang