Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Stiltevrede

  • Kapasiteit: 8 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Bultstraat 45, Upington, 8800, Noord-Kaap
  • Vanaf R900 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Stiltevrede is in Upington in die Noord-Kaap en bied topgehalte-akkommodasie vir gesinne, vakansiegangers en sakereisigers. Al die nodige geriewe is nabygeleë en daar is verskeie restaurante en doendinge in die omgewing.

Ons het 2 eenhede. Die eerste eenheid is ten volle toegerus vir selfsorg en het dubbelslaapkamers, 'n gedeelde badkamer en oopplan-leefarea. Die oopplan-leefarea en -kombuis het 'n eetkamertafel, wasbak, opwaskamer, mikrogolfoond, vrieskas, volledige DStv, 'n slaapbank en onbeperkte internetgeriewe. Buite is daar ook 'n veilige, onderdakbraai-area, veilige onderdakparkeerplek en 'n swembad. 'n Pendeldiens kan gereël word na en van die lughawe en bushalte. 'n Omsetter sorg dat die eenhede nie deur beurtkrag geraak word nie.

Die tweede eenheid het slaapplek vir 3 gaste op 1 koninggrootte-bed en 1 enkelbed. Die stort is apart van die badkamer en toilet. Nog geriewe sluit onbeperkte WiFi, volledige DStv, 'n yskas, mikrogolf, wasbak met eetgerei en 'n tafel met 3 stoele in.

Die huis is sentraal geleë en lekker naby die Kalahari Winkelsentrum, Mediclinic en meeste van die skole in Upington.

Ongelukkig laat Stiltevrede nie besoeke deur gaste se vriende en familie toe nie.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Kamerbediening
  • Ontbyt

Konferensiegeriewe

  • Lugversorging

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Onderdakparkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 49 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.8
Diens
4.8
Veiligheid
4.7
Gaste se hoogtepunte
Charlene A
5.0
Rustig stil en netjies. Beveel die plek beslis aan. Baie lekker gebly. Stil en rustig en eienaars is super vriendelik.
Mei 2024
Morne P
Gesin met klein kinders
5.0
Perfek. Alles was baie netjies, stil en presies wat ons wou gehad het.
Jan 2024
Nicole V
Saam met vriende
5.0
Stiltevrede is 'n goeie plek om by te bly. Die tydjie by die plek was wonderlik en die eienaars was baie vriendelik. Ek sal weer gaan.
Des 2023
Andre V
Besigheidsreis
5.0
Baie aangename verblyf. Uitstekende waarde vir geld, baie vriendelike en gasvrye mense. Sal enige tyd weer daar oorslaap.
Sep 2023
Elna S
Saam met lewensmaat
5.0
Die warm komberse op die bed, paneelverwarmer was amazing. Verder baie beïndruk met die res van verblyf. Wonderlik om vol skottel te hê.
Jun 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Danie Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 49

Op LekkeSlaap 8 jaar

Ligging

  • Bultstraat 45, Upington, 8800, Noord-Kaap
  • Gaste dink Stiltevrede het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R900
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R900
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Bultstraat 45, Upington, 8800, Noord-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAADR3d1RmWZXlpDrfaBwpyWZcc9chUo4ELspNRgHR4rnvtcWK5Iu?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R900 per nag, vir 2 mense 49 5 1 5 45 Bult Street Upington 8800 Noord-Kaap 021 201 8901 14:00-22:00 10:00 -28.450539569154 21.25152846561

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang