Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Stokkiesdraai

Langtermynverblyf-aanbod 10% af

Kry 10% af vir verblyf wat 6 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.

  • Kapasiteit: 8 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Eersterivierweg, Eersterivier, 6309, Oos-Kaap
  • Vanaf R1 900 R1 710 per nag, vir 8 mense

Beskrywing

Stokkiesdraai is 'n selfsorg-strandhuis in Eersterivierstrand, Tsitsikamma. Die huis is teen die strand en bied 'n fantastiese uitsig oor die see van oos na wes. Stokkiesdraai was een van die eerste asbes-huisies op Eersterivierstrand gebou, en het nog sy antieke elemente en meubels.

Eersterivierstrand is rustig en omring met ongerepte natuurskoon. Die omgewing bied ook pragtige bergwandelroetes en 'n tennisbaan.

Die huis het 4 slaapkamers en is geskik vir 8 tot 11 gaste. Daar is 3 dubbelbeddens en 5 enkelbeddens. Die huis het 1 volledige badkamer bo met 'n aparte stort onder die trappe na buite. Die onderste kamers het 'n aparte stort en aparte toilet. Die kombuis is ten volle toegerus met gasstoof, elektriese oond, 'n yskas-vrieskas, ketel en mikrogolf-oond. 'n Wasmasjien en kisvrieskas is ook beskikbaar in motorhuis. Die leefarea het 'n etenstafel en klein sitarea. DStv is slegs beskikbaar vir gaste wat hul eie dekodeerders saambring. Linne word voorsien. Gaste moet hul eie handdoeke, toiletpapier en ander benodighede saambring. Let asb. dat die verblyf nie WiFi het nie.

Daar is geen winkels in die onmiddelike omgewing nie, die naaste winkel is by die Gholfklub (2 km vanaf Eersterivierstrand). Gaste kan ook items koop by Oudebosch padstal, 8 km van Eersterivierstrand af. Kareedouw het 'n ten volle toegeruste supermark en vulstasie (bykans 20 km vanaf Eersterivierstrand).

Let asb. op dat daar geen troeteldiere in die oord toegelaat word nie.

Kamer-opset

Kapasiteit: 8 Aantal kamers: 5 Aantal badkamers: 2
Slaapkamer 1
Plek vir 2 mense
1 xDubbelbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 mense
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 3
Plek vir 3 mense
1 xEnkelbed / Driekwartbed
1 xDubbelbed
Slaapkamer 4
Plek vir 3 mense
1 xEnkelbed / Driekwartbed
1 xDubbelbed
Area 1
Plek vir 1 persoon
1 xEnkelbed / Driekwartbed
Badkamer 1

Bad, Toilet
Badkamer 2

Stort, Toilet

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek

Aktiwiteite op perseel

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Swem
  • Tennis

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Parkering Van Die Straat Af
  • Parkering Op Die Straat

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Badkamer

  • Bad
  • Aparte toilet
  • Stort

Eenheidgeriewe

  • Eetkamer
  • Sitkamer

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Resensies

4.5/ 5

Gebaseer op 39 resensies

Uitstekend

Netheid
4.4
Ligging
4.9
Waarde vir geld
4.1
Diens
4.3
Veiligheid
4.7
Wat gaste dink
Juan V
Gesin met klein kinders
5.0
Rustig. Die natuurskoon is verskriklik mooi en rustig. Die huis is op die strand en verskaf baie mooi uitsig. Ons het selfs walvisse sien spring.
Jun 2024
Petrus V
Gesin met klein kinders
5.0
Heerlikke familie tyd. Stokkiesdraai het alles wat mens benodig en 'n great ligging.
Apr 2024
Danelle M
Saam met vriende
5.0
Awesome. Ons het regtig lekker gebly. Die uitsig was beautiful. Die huis was netjies, skoon, veilig. Met alles toegerus wat jy moontlik kan nodig hê. ...
Sien meer
Feb 2024
Elaine V
Gesin met klein kinders
5.0
Heerlike dae van die mooiste strand. Wonderlike uitsig en naby aan die strand.
Des 2023
Christelle C
Saam met lewensmaat
5.0
Het dit terdeë geniet. Dit was regtig lekker, nou nie baie luuks nie, maar dit is nie 'n probleem vir ons gesin nie.
Okt 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.5/5

Andrea Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 39

Op LekkeSlaap 8 jaar

Ligging

  • Eersterivierweg, Eersterivier, 6309, Oos-Kaap
  • Gaste dink Stokkiesdraai het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 900
R1 900 R1 710
per nag, vir 8 mense
Vanaf R1 900
R1 900 R1 710
per nag, vir 8 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Eersterivierweg, Eersterivier, 6309, Oos-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAdad3bf232aa23189969e5d0a9cbab19a9df6feda3d9a511300bef11130f6cdad0e998d612df4ba6407cca2d0f9906e354cee?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R1 900 nouVanaf R1 710 per nag, vir 8 mense 39 5 1 5 Eersterivier Road Eersterivier 6309 Oos-Kaap 021 201 8901 14:00-18:00 09:00 -34.071237806346 24.218520820141

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang