Stone Cottage
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 4 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: Kerkstraat 51, Riebeek-Wes, 7306, Wes-Kaap
- Vanaf R2 500 per nag, vir 4 mense
Beskrywing
Stone Cottage is 'n bekoorlike kothuis wat selfsorgverblyf bied op 'n kleinhoewe wat grens aan Allesverloren Wynplaas in Riebeek-Wes. Die oulike dorpie is bekend vir natuurlike prag, wynplase en wynproduksie.
Die kothuis beskik oor 2 slaapkamers en bied slaapplek aan 4 gaste. Elke slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en gaste deel 'n badkamer met 'n stort, wasbak en toilet. Daar is 'n opvou-bababedjie met 'n matras en linne op versoek, maar gaste moet hul eie beddegoed vir die bababedjie saambring.
Die oopplan-kombuisie is met 'n yskassie, mikrogolf, induksiestoofplaat, broodrooster en ketel toegerus.
Die leefarea het 'n etenstafel met 4 stoele, 'n gemaklike rusbank en 'n slim-TV met 'n omsetter en WiFi.
Die kothuis lei na 'n toegeboude binnehof met 'n piekniektafel en ingeboude braaigeriewe. Daar is 'n privaat houtvuur-warmbad buite met uitsigte op die Kasteelberge.
Riebeekvallei is die perfekte bestemming vir gaste wat lief is vir wyn, kos en kuns en daar is talle instansies binne 'n 5 km-radius. Hierdie dorpie bied heelwat aktiwiteite vir natuurliefhebbers, insluitend voetslaan en bergfietsry en gaste kan ook voëlkyk en visvang.
Kamer-opset
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
Badkamer
Stort, Toilet
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Gastesitkamer
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Selfsorg
- Skoonmaakdiens Op Versoek
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Bergfietsroetes
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
Meer oor dié eenheid
- Nie rook
Badkamer
- Stort
- Seep
- Toiletware
Eenheidgeriewe
- Eetkamer
- Waaier
- Klein kombuis
- Sitkamer
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Haardroër
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Stoof
Vermaak
- Boeke en tydskrifte
- Tv
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.8/5
Jonathan Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 7
Op LekkeSlaap 1 jaar
Ligging
- Kerkstraat 51, Riebeek-Wes, 7306, Wes-Kaap
- Gaste dink Stone Cottage het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Riebeek-Wes Riebeek-Kasteel Boland Wes-Kaap
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 4 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: Kerkstraat 51, Riebeek-Wes, 7306, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang