Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Stone-Fly Guesthouse

Gastehuis
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 16:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Sechabastraat 441, Dullstroom, 1113, Mpumalanga
  • Vanaf R1 000 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Stone-Fly Guesthouse is in Dullstroom, 'n klein dorpie in Mpumalanga en bied akkommodasie in 4 ruim selfsorgkamers. Elke kamer het 'n en suite-badkamer of toegang tot 'n volledige kombuis.

Kamer 1 en 2 het elkeen sy eie TV met sekere DStv-kanale. Dié 2 kamers het ook elkeen 'n ingeboude braai. Kamer 3 en 4 kan saam vir 'n groot groep bespreek word. Kamer 4 is ideaal vir 'n gesin wat nie omgee om 'n eenheid te deel nie. Die heel huis is geskik vir 12 gaste wat deel. Die huis het 'n sentrale eetarea en sitkamer met 'n kaggel en 'n TV met sekere DStv-kanale. Buite is daar 'n stoep met 'n ingeboude braaiplek en sitplek waar gaste lekker kan ontspan. Veilige parkeerplek is beskikbaar en die huis het 'n alarmstelsel wat gekoppel is aan gewapende reaksie (24 uur).

Dullstroom is hoog in die Steenkampsbergreeks geleë en is 'n natuurlike paradys wat asemrowende, panoramiese uitsigte van die berge en veldblommetjies bied. Dit beteken dat 'n groot verskeidenheid voëls in die area voorkom. Die bekendste trekpleister in Dullstroom is die visvang-geleenthede. Dullstroom is bekend vir die forelstroompies en prentjiemooi visvangplekke. Die omliggende area bied die geleentheid vir dagtoere na Sabie, Graskop en Pelgrimsrus.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering

Geriewe

  • 24-uur Ontvangs
  • Braaiplek
  • Speletjieskamer
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Troeteldiere indien gereël
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg

Aktiwiteite Naby

  • Kunsvlieghengel
  • Visvang
  • Baarshengel
  • Voëlkyk

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek

Resensies

3.9/ 5

Gebaseer op 63 resensies

Goed

Netheid
4.3
Ligging
3.3
Waarde vir geld
4.0
Diens
4.1
Veiligheid
3.7
Wat gaste dink
Ludri L
Saam met vriende
5.0
Baie lekker gebly en heerlik geslaap, sal definitief weer daar oorbly. Ons is vriendelik ontvang en net die beste diens gekry.
Okt 2023
Alicia L
Saam met lewensmaat
5.0
Had a wonderful stay. The large room and bathroom had everything we needed for self-catering.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Apr 2023
Christo B
Saam met lewensmaat
4.8
Rustige wegbreek vir 2. Netjiese, gerieflike verblyf. Goeie waarde vir geld en vriendelike diens.
Sep 2023
Anneline D
Saam met lewensmaat
4.2
Dit is 'n netjiese oulike plekkie. Ons het lekker gebly. Dit was gesellig. Het 'n kingsize bed bespreek maar nie dit gekry.
Des 2023
Amanda H
Saam met vriende
4.0
Lekker gebly, net die aand was 'n probleem. Sukkel om te slaap. Musiek en dromme geraas in die verte. Tot in die vroeë oggendure. No 1 is te na aan di...
Sien meer
Jun 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4/5

CE Geverifieer

Eiendomme 2

Resensies 207

Op LekkeSlaap 9 jaar

Ligging

  • Sechabastraat 441, Dullstroom, 1113, Mpumalanga
  • Gaste dink Stone-Fly Guesthouse het ’n goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R1 000
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R1 000
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 10 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 16:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Sechabastraat 441, Dullstroom, 1113, Mpumalanga
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDhmMzI5N2EyLWNjZjgtNGE4Yy04MDk0LTc1YWRjMTk3ZjIxYQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 000 per nag, vir 2 mense 63 5 1 4 441 Sechaba Street Dullstroom 1113 Mpumalanga 021 201 8901 14:00-16:00 10:00 -25.414324053057 30.098035614141

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang