Stone Haven Lodge
Kry 15% af op alle besprekings wat 1 dag of minder voor jou verblyf gemaak word. Hierdie aanbod is altyd geldig.
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 9 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 12:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: R540, Draaikraal Plaas, Roossenekal, 1066, Limpopo
-
Vanaf
R950R808 per nag (plek vir 3)
Beskrywing
Stone Haven Lodge is op die plaas, Draaikraal in Roossenekal geleë en bied ruim, gerieflike verblyf. Dis 'n ideale keuse vir natuurliefhebbers. Dit het 'n donkiestelsel wat gebruik word om die water vir die geiser te verhit voordat gaste kan bad of skottelgoed kan was.
Daar is 3 kamers wat elk slaapplek aan 2 volwassenes en 1 kind bied. Al die kamers het dubbelbeddens, 'n matras vir 'n kind en 'n en suite-badkamer met bad- en stortgeriewe.
Gaste het toegang tot 'n gemeenskaplike sitarea, eetarea en 'n kombuis wat met 'n yskas-vrieskas, mikrogolf, stoof, eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus is. Die leefarea en eetarea het 'n etenstafel, 'n kaggel en gemaklike rusbanke.
Verder is daar 'n skilderagtige staproete wat na pragtige watervalle lei waar gaste kan swem, visvang en piekniek hou.
Ligging
- R540, Draaikraal Plaas, Roossenekal, 1066, Limpopo
Sien meer verblyf in Highlands Meander Limpopo
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 9 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 12:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: R540, Draaikraal Plaas, Roossenekal, 1066, Limpopo
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang