Storms River Peak Accommodation
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Fynbosstraat 5, Stormsrivier, 6308, Oos-Kaap
- Vanaf R1 600 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Storms River Peak Accommodation bied 'n rustige wegbreek in die hartjie van die Tsitsikamma-streek, 'n toevlugsoord vir natuurliefhebbers en avontuursoekers. Dit is 'n wonderlike opsie vir diegene wat die skilderagtige Tuinroete wil verken.
Verblyf is beskikbaar in óf die Gesinskothuis met slaapplek vir 4 óf die Classic Loft met slaapplek vir 2. Die Gesinskothuis beskik oor 2 slaapkamers en 'n badkamer. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, wasbak en toilet. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. Die Classic Loft is oopplan en het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, wasbak en toilet.
Albei eenhede sluit 'n kombuis in wat met 'n tweeplaatstoof, mikrogolfoond, yskas, eetgerei en breekware asook tee- en koffiemaakgeriewe toegerus is. Daar is ook 'n etenstafel waar gaste hul maaltye saam kan geniet. Vir gaste se vermaak is 'n TV en gratis WiFi beskikbaar.
Hierdie verblyf is die ideale basis om Tsitsikamma se natuurwonders te ervaar. Van staptogte deur betowerende woude tot Zipline deur die boomtoppe en kajakvaart by Stormsriviermond, avontuur wag om elke draai.
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.3/5
Barbara Geverifieer
Eiendomme 2
Resensies 91
Op LekkeSlaap 11 jaar
Ligging
- Fynbosstraat 5, Stormsrivier, 6308, Oos-Kaap
Sien meer verblyf in Stormsrivier Tuinroete Oos-Kaap
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Fynbosstraat 5, Stormsrivier, 6308, Oos-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang