Storyhouse
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 23:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Arumlaan 88, Kommetjie, 7975, Wes-Kaap
- Vanaf R1 700 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
Storyhouse in Kommetjie is stapafstand vanaf Long Beach geleë. Storyhouse beskik oor 'n eie sonkragstelsel, gratis WiFi, gemeenskaplike swembad, en daar is gratis parkering op die sypaadjie. Ons kan ongelukkig geen troeteldiere toelaat nie.
Kommetjie is sowat 40 minute se ry vanaf Kaapstad Internasionale Lughawe en gerieflik geleë vir diegene wat die Kaapse Skiereiland en sy omgewing wil verken. Binne 'n uur se ry vanaf Kommetjie, is die "Big Six": Die V&A Waterfront; Robben eiland; Kirstenbosch; Tafelberg en die kabelkar; Groot Constantia, en Kaappunt. Komemtjie is ook naby wynstreke soos Tokai, Stellenbosch, Franschhoek, Wellington en die Paarl.
Daar is twee selfsorg-eenhede, asook twee slaapkamers wat etes insluit.
Die Tweeslaapkamer selfsorg-eenheid is op die grondvloer, en bied slaapplek aan 4 gaste, en het 'n badkamer met stort, bad, toilet en wasbak. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte bed, en die tweede slaapkamer het 'n stapelbed. Die kombuisie is toegerus met eet- en kookgerei, en het 'n yskas, mikrogolf, 4-brander gassplaat, en koffiemasjien.
Die Eenslaapkamer selfsorg-eenheid is op die eerste vloer, en het twee enkelbeddens wat opgemaak kan word as 'n koninggrootte bed. Dié eenheid is slegs vir volwassenes, maksimum twee, en is en suite met 'n stort, toilet en wasbak. Die kitchenette met groot glasvensters het 'n uitsig na Chapmans Peak in die verte, en het 'n privaat buitetrap.
Storyhouse voeg vanaf November 2024 ook twee kamers by, wat ontbyt insluit. Aandetes kan op aanvraag bedien word.
Rhonddie's en suite slaapkamer met Juliette balkon het 'n dubbelbed, stort oor bad, toilet en wasbak. Daar is 'n gerieflike lessenaar vir gaste wat aanlyn wil werk. Die slaapkamer is op die eerste vloer, met middagson vir 'n luilekker slapie, en dit het 'n kroegyskas en koffie- en teemaakgeriewe. Slegs volwassenes; maksimum 2. Die tarief sluit ontbyt in.
Skye-Sternenlicht op die 2e vloer, is en suite met 'n koningingrootte bed, stort, toilet, wasbak, warm handdoekrelings en lugversorging. Dit het 'n koffie- en teehoekie, kroegyskas, en 'n onderdak stoepie met 'n uitsig oor Chapmans Peak en Houtbaai in die verte. Die slaapkamer is slegs vir volwassenes; maksimum 2. Die tarief sluit ontbyt in.
Kommetjie het 'n deli waar gaste elke dag vars brood kan koop, 'n paar restaurante, 'n skeepshouerwinkel met vars groente en vrugte, en 'n vulstasie met 'n winkel. Twee winkelsentrums is ook sowat 7 km ver. Die breë sandstrand is ideaal vir swem, stap, draf, branderplankry en sweefski en gaste kan op die perseel voëlkyk en swem. Aktiwiteite soos perdry, wynproe, fietsry, bergfietsry en tennis is in die area beskikbaar.
Kenmerke
Geriewe
- 24-uur Ontvangs
- Swembad
- Braaiplek
- Gastesitkamer
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- Konferensiegeriewe
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Fietsry
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Bergfietsroetes
- Swem
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Konferensiegeriewe
- Internet
- Televisie
- Plek vir tot 10 afgevaardigdes
Parkeerplek
- Parkering Op Die Straat
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- Elektroniese Fondsoorplasing
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.6/5
Antoinette Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 17
Op LekkeSlaap 11 jaar
Ligging
- Arumlaan 88, Kommetjie, 7975, Wes-Kaap
- Gaste dink Storyhouse het ’n uitstekende ligging
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 6 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 23:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Arumlaan 88, Kommetjie, 7975, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang