Storyhouse
Bly 6 nagte en betaal slegs vir 5. Geldig vir verblyf vanaf 1 Des 2024 tot 7 Des 2024.
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 23:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Arumlaan 88, Kommetjie, 7975, Wes-Kaap
-
Vanaf
R1 900R1 583 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
Storyhouse is in Kommetjie, stapafstand vanaf Long Beach geleë. Kommetjie is sowat 40 minute se ry vanaf Kaapstad Internasionale Lughawe en gerieflik geleë vir diegene wat die Kaapse Skiereiland en sy omgewing wil verken. Dit is ook naby wynstreke soos Tokai, Stellenbosch, Franschhoek, Wellington en die Paarl.
Daar is 2 selfsorg-eenhede. Die eerste eenheid bied slaapplek aan 4 gaste en beskik oor 2 slaapkamers en 1 badkamer. Die eerste slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die tweede slaapkamer het 'n stapelbed. Die badkamer het 'n stort, bad en 'n toilet. Die tweede eenheid bied slaapplek aan 2 gaste en het 2 enkelbeddens en 'n en suite-badkamer met 'n stort en 'n toilet.
Elke eenheid se kombuis is met 'n yskas, mikrogolf, gasplate, ketel en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Ander geriewe sluit WiFi, 'n braai-area, 'n gemeenskaplike swembad, 'n sonkragstelsel vir beurtkrag in en die strand is lekker naby.
Kommetjie het 'n deli waar gaste elke dag vars brood kan koop, 'n paar restaurante, 'n skeepshouerwinkel met vars groente en vrugte, en 'n vulstasie met 'n winkel. Twee winkelsentrums is ook sowat 7 km ver. Die lang sandstrand is ideaal vir swem, stap, draf, branderplankry en sweefski en gaste kan op die perseel voëlkyk en swem. Aktiwiteite soos perdry, wynproe, fietsry, bergfietsry en tennis is in die area beskikbaar.
Kenmerke
Geriewe
- 24-uur Ontvangs
- Swembad
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- Konferensiegeriewe
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Fietsry
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Wildkyk
- Bergfietsroetes
- Swem
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Konferensiegeriewe
- Internet
- Televisie
- Plek vir tot 10 afgevaardigdes
Parkeerplek
- Parkering Op Die Straat
Betaalopsies op Perseel
- Elektroniese Fondsoorplasing
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.6/5
Antoinette Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 17
Op LekkeSlaap 10 jaar
Ligging
- Arumlaan 88, Kommetjie, 7975, Wes-Kaap
- Gaste dink Storyhouse het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 6 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 23:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Arumlaan 88, Kommetjie, 7975, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang