Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Storyhouse

Gastehuis
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Arumlaan 88, Kommetjie, 7975, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 600 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Storyhouse in Kommetjie is stapafstand vanaf Long Beach geleë. Storyhouse beskik oor 'n eie sonkragstelsel, gratis WiFi, gemeenskaplike swembad, en daar is gratis parkering op die sypaadjie. Ons kan ongelukkig geen troeteldiere toelaat nie.

Kommetjie is sowat 40 minute se ry vanaf Kaapstad Internasionale Lughawe en gerieflik geleë vir diegene wat die Kaapse Skiereiland en sy omgewing wil verken. Binne 'n uur se ry vanaf Kommetjie, is die "Big Six": Die V&A Waterfront; Robben eiland; Kirstenbosch; Tafelberg en die kabelkar; Groot Constantia, en Kaappunt. Komemtjie is ook naby wynstreke soos Tokai, Stellenbosch, Franschhoek, Wellington en die Paarl.

Daar is twee selfsorg-eenhede, asook twee slaapkamers wat etes insluit.

Die Tweeslaapkamer selfsorg-eenheid is op die grondvloer, en bied slaapplek aan 4 gaste, en het 'n badkamer met stort, bad, toilet en wasbak. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte bed, en die tweede slaapkamer het 'n stapelbed. Die kombuisie is toegerus met eet- en kookgerei, en het 'n yskas, mikrogolf, 4-brander gassplaat, en koffiemasjien.

Die Eenslaapkamer selfsorg-eenheid is op die eerste vloer, en het twee enkelbeddens wat opgemaak kan word as 'n koninggrootte bed. Dié eenheid is slegs vir volwassenes, maksimum twee, en is en suite met 'n stort, toilet en wasbak. Die kitchenette met groot glasvensters het 'n uitsig na Chapmans Peak in die verte, en het 'n privaat buitetrap.

Storyhouse voeg vanaf November 2024 ook twee kamers by, wat ontbyt- en aandetes insluit.

Rhonddie's en suite slaapkamer met Juliette balkon het 'n dubbelbed, stort oor bad, toilet en wasbak. Daar is 'n gerieflike lessenaar vir gaste wat aanlyn wil werk. Die slaapkamer is op die eerste vloer, met middagson vir 'n luilekker slapie, en dit het 'n kroegyskas en koffie- en teemaakgeriewe. Slegs volwassenes; maksimum 2.

Skye-Sternenlicht op die 2e vloer, is en suite met 'n koningingrootte bed, stort, toilet, wasbak en warm handdoekrelings. Dit het 'n koffie- en teehoekie, kroegyskas, en 'n onderdak stoepie met 'n uitsig oor Chapmans Peak en Houtbaai in die verte. Die slaapkamer is slegs vir volwassenes; maksimum 2.

Kommetjie het 'n deli waar gaste elke dag vars brood kan koop, 'n paar restaurante, 'n skeepshouerwinkel met vars groente en vrugte, en 'n vulstasie met 'n winkel. Twee winkelsentrums is ook sowat 7 km ver. Die breë sandstrand is ideaal vir swem, stap, draf, branderplankry en sweefski en gaste kan op die perseel voëlkyk en swem. Aktiwiteite soos perdry, wynproe, fietsry, bergfietsry en tennis is in die area beskikbaar.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Gratis WiFi
Konferensiegeriewe

Geriewe

  • 24-uur Ontvangs
  • Swembad
  • Braaiplek
  • Gastesitkamer
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • Konferensiegeriewe
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Konferensiegeriewe

  • Internet
  • Televisie
  • Plek vir tot 10 afgevaardigdes

Parkeerplek

  • Parkering Op Die Straat

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Resensies

4.6/ 5

Gebaseer op 17 resensies

Uitstekend

Netheid
4.6
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.5
Diens
4.8
Veiligheid
4.5

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.6/5

Antoinette Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 17

Op LekkeSlaap 11 jaar

Ligging

  • Arumlaan 88, Kommetjie, 7975, Wes-Kaap
  • Gaste dink Storyhouse het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R1 600
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R1 600
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Arumlaan 88, Kommetjie, 7975, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAcee40100e96f439e98b4462b2ae96dcf914206f68cc495b44c5fafa55e028a00311e43b5279506b832f76242b920f4dd2800?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 600 per nag (plek vir 2) 17 5 1 5 88 Arum Avenue Kommetjie 7975 Wes-Kaap 021 201 8901 15:00-23:00 10:00 -34.138798979553 18.33093682209

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang