Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Strand Woonstel in Gouritz

Selfsorg
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Retiefstraat 29, 10 Gourits Villas, Gouritz, 6696, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 700 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

Strand Woonstel in Gouritz bied gerieflike en ruim selfsorgverblyf vir 'n gesin of 'n groep vriende in 'n veilige kompleks in Gouritz.

Dié woonstel op die grondvloer het slaapplek vir tot 6 gaste op 'n slag en beskik oor 3 slaapkamers en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer is ingerig met 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, wasbak en toilet. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens, terwyl die derde slaapkamer 'n stapelbed het. Hierdie 2 slaapkamers deel die tweede badkamer met 'n stort-oor-bad.

Die eenheid beskik oor 'n oopplan-ontwerp met 'n kombuis, leefarea en eetarea. Die kombuis is volledig toegerus vir selfsorg met 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolf, eetgerei en breekware asook tee- en koffiemaakgeriewe. 'n Wasmasjien is beskikbaar.

Van die kombuis af lei 'n ruim sitkamer met gemaklike sitplek en 'n slim-TV met Netflix. Gratis WiFi is beskikbaar. Die eetarea is ingerig met 'n etenstafel met sitplek vir 6. Deur die agterdeur by die kombuis is daar ook buitebraaigeriewe.

Die kompleks is naby plaaslike winkels en restaurante en is 350 m vanaf die getypoel en 600 m vanaf die hoofstrand.

Neem asseblief kennis dat gaste hul eie kussings, beddegoed en handdoeke moet saambring. Die beddens word slegs met matrasbedekkings oorgetrek.

Kamer-opset

Kapasiteit: 6 Aantal kamers: 3 Aantal badkamers: 2
Slaapkamer 1
Plek vir 2 mense
1 xDubbelbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 mense
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 mense
1 xStapelbed
Badkamer 1
En-suite  - Slaapkamer 1
Stort, Toilet
Badkamer 2

Stort-oor-bad, Bad, Toilet

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Groot 5
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Badkamer

  • Bad
  • En-suite
  • Stort

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Vermaak

  • Tv

Opsomming van Resensie

5 uit 5van 1 resensie vir Strand Woonstel in Gouritz
Netheid
5.0/5
Diens
5.0/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
5.0/5

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

5/5

Adolf Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 1

Op LekkeSlaap 2 jaar

Ligging

  • Retiefstraat 29, 10 Gourits Villas, Gouritz, 6696, Wes-Kaap
  • Gaste dink Strand Woonstel in Gouritz het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R1 700
per nag (plek vir 6)
Vanaf
Vanaf R1 700
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Retiefstraat 29, 10 Gourits Villas, Gouritz, 6696, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA73b77a27bb1318e9eeff3cacbfbcb933af8f4584dd726822aab39fbe370c6712dc90816dc598f7776803081e599d27370afb?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 700 per nag (plek vir 6) 1 5 1 5 29 Retief Street 10 Gourits Villas 6696 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-20:00 10:00 -34.352866757487 21.877447144566

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang