Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Strandloper @ Moeriesbaai

  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 2 persone
  • Geen kinders
  • Inkloktyd: 17:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Strandloperstraat 32, Moerie se baai, Jacobsbaai, 7380, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 200 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Strandloper @ Moeriesbaai is in die kusdorp Jacobsbaai geleë. Dit is die perfekte plek vir 'n lang vakansie, kort wegbreek of 'n oornagstop aan die Weskus. Die woonstel met sy apate ingang en braaibalkon is spesifiek beplan om privaatheid, gemak, veiligheid en luuksheid aan gaste te bied. Die balkon bied ook uitsigte en die woonstel is stapafstand van die strand in Moeriesbaai af.

Die woonstel het 'n oopplan-uitleg met 'n kombuisarea en 'n slaaparea. Daar is ook 'n en suite-badkamer met 'n toilet, wasbak en 'n groot stort. Handdoeke word voorsien. Daar is 'n 40" platskerm-TV teen die muur. Daar is ook WiFi word voorsien. Netflix en YouTube is ook beskikbaar. Daar is 'n yskas-vrieskas, kookblad en oond, mikrogolfoond, houtskoolkaggel en 'n skottelgoedwasser. 'n Omsetter en rugsteunbatterye hou die ligte, WiFi en TV tydens beurtkrag aan.

Daar is deure wat toegang bied tot 'n balkon en gaste kan gebruik maak van die ingeboude braai-area. Braaitoerusting en hout word voorsien. Gaste kan die omliggende Weskus se natuurlike plantegroei geniet en Moeriesbaai se strand is gedeeltelik te sien in die noorde. Die strand is 100 m vanaf die huis.

Toegang tot die woonstel op die eerste verdieping word via 'n stel trappe bereik. Parkeerplek is beskikbaar op die perseel en 'n alarmstelsel en laserstraal-sekuriteit dra by die toe veiligheid van die gaste en hul voertuie.

Jacobsbaai bied verskeie doendinge, soos voëlkyk, watersport, bootry, visvang, duik, verskeie voetslaanpaaie en duinery.

Kamer-opset

Slaapplek vir 2 mense 1 Slaapkamer 2 Badkamers, 1 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Dubbelbed

Stort, Toilet

Badkamer

Stort, Toilet

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 45 resensies

Uitstekend

Netheid
5.0
Ligging
4.6
Waarde vir geld
4.9
Diens
4.9
Veiligheid
4.9
Gaste se hoogtepunte
Gerhard E
Saam met lewensmaat
5.0
Ongelooflike mooi! Ja, dit was ongelooflik lekker.
Des 2023
Ané M
Saam met lewensmaat
5.0
Baie lekker, ons het dadelik tuis gevoel! Baie lekker gebly!
Nov 2023
Zylia P
Saam met lewensmaat
5.0
Home away from home. Warm and comfortable. Very neat and tidy intimate place. The host was helpful with anything we needed and a real p...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Sep 2023
Ilse W
Saam met lewensmaat
5.0
Ongelooflike verblyf, baie netjies en mooi uitsig op die see. Woonstel beskik oor alles en nog meer wat jy benodig. Sal dit beslis aanbeveel en weer ...
Sien meer
Sep 2023
Hillary T
Saam met lewensmaat
5.0
Dis okay as jy rustigheid soek en bietjie wil wegbreek. Eienaars het ons mooi verwelkom en mooi afgesien. Baie ordentlike en warm mense. Plekkie is ba...
Sien meer
Feb 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Viljoen Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 45

Op LekkeSlaap 7 jaar

Ligging

  • Strandloperstraat 32, Moerie se baai, Jacobsbaai, 7380, Wes-Kaap
  • Gaste dink Strandloper @ Moeriesbaai het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 1 200
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R 1 200
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 2 mense
  • Geen kinders
  • Inkloktyd: 17:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Strandloperstraat 32, Moerie se baai, Jacobsbaai, 7380, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA8366aa7e3a52df89df1ad23b299f8234801fdadb189d5a7dec138dd261f956257a8d72700a3141cc51196f99031f51e12b82?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 200 per nag (plek vir 2) 45 5 1 5 32 Strandloper Street Moerie se Baai 7380 Wes-Kaap 021 201 8901 17:00-20:00 10:00 -32.981389143872 17.885160148144

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang