Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Strandloper 20

  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Strandloperstraat 20, Moerie se Baai, Jakobsbaai, 7382, Wes-Kaap
  • Vanaf R3 600 per nag (plek vir 10)

Beskrywing

Strandloper 20 is 'n ruim vakansiehuis in die kusdorpie Jacobsbaai.

Die huis beskik oor 4 slaapkamers en 3 badkamers, asook 'n gastetoilet. Die hoofslaapkamer is op die grondverdieping en het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad, stort, wasbak en 'n toilet. Die tweede slaapkamer op die grondverdieping het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n toilet, stort en 'n wasbak. Op die boonste verdieping het die derde slaapkamer 2 enkelbeddens en die vierde slaapkamer 3 enkelbeddens. Die leefarea bied 1 slaapbank vir kinders. Die huis het ook 'n aparte badkamer met 'n stort, bad, wasbak en 'n toilet. Daar is ook 'n aparte gastetoilet.

Die huis het ondervloerse verhitting en 'n kaggel in die leefarea. Die kombuis is met 'n aparte opwasarea met 'n skottelgoedwasser, wasmasjien en 'n tuimeldroër toegerus.

Op die seefrontstoep is daar 'n ingeboude braai en 'n lang buite-etenstafel. Gaste het ook toegang tot beskutte onderdakparkeerplek.

Vir veiligheid is die huis met 'n alarmstelsel en diefwering toegerus.

Jakobsbaai is 'n unieke Weskusdorpie wat verskeie aktwiteite soos voetslaan, visvang, bergfietsry, kanovaart en swem in die baai bied. Besoekers kan die nabygeleë dorpies soos Paternoster, St. Helenabaai, Langebaan, Hopefield en Darling besoek.

Die huis het nie 'n TV of WiFi nie sodat gaste ten volle kan ontspan en heeltemal kan afskakel. Gaste is egter welkom om hulle eie saam te bring.

Kamer-opset

Kapasiteit: 10 Aantal kamers: 5 Aantal badkamers: 4
Slaapkamer 1
Plek vir 2 mense
1 xKoninggrootte-bed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 mense
1 xKoningingrootte-bed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 mense
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 4
Plek vir 3 mense
3 xEnkelbed / Driekwartbed
Area 1
Plek vir 1 persoon
1 xKinderbank vir 1
Badkamer 1
En-suite  - Slaapkamer 1
Stort, Bad, Toilet
Badkamer 2
En-suite  - Slaapkamer 2
Stort, Toilet
Badkamer 3

Stort, Bad, Toilet
Badkamer 4

Toilet

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Rolstoelvriendelik
Veilige Parkering

Geriewe

  • Braaiplek
  • Gastesitkamer
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Rolstoelvriendelik

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Bergfietsroetes

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Konferensiegeriewe

  • Plek vir tot 10 afgevaardigdes

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Onderdakparkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Badkamer

  • Bad
  • En-suite
  • Aparte toilet
  • Stort
  • Ondervloerse verhitting

Eenheidgeriewe

  • Eetkamer
  • Kaggel
  • Sitkamer

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Haardroër
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Vermaak

  • Boeke en tydskrifte

Opsomming van Resensie

4.5 uit 5van 36 resensies vir Strandloper 20
Netheid
4.6/5
Diens
4.6/5
Ligging
4.3/5
Veiligheid
4.4/5
Waarde vir geld
4.4/5

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.5/5

Aletti Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 36

Op LekkeSlaap 6 jaar

Ligging

  • Strandloperstraat 20, Moerie se Baai, Jakobsbaai, 7382, Wes-Kaap
  • Gaste dink Strandloper 20 het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R3 600
per nag (plek vir 10)
Vanaf
Vanaf R3 600
per nag (plek vir 10)
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 10 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Strandloperstraat 20, Moerie se Baai, Jakobsbaai, 7382, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAv4Rd3Iq3muDZsDegIeQYMNESywXQco8VLfcXR8JZYdEvEGHDgq?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R3 600 per nag (plek vir 10) 36 5 1 5 20 Strandloper Street Moerie se Baai 7382 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -32.980485752379 17.886519004963

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang