Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Strandloper

  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 2de Laan 605, Wildernis, 6560, Wes-Kaap
  • Vanaf R860 per nag, vir 4 mense

Beskrywing

Strandloper is 'n losstaande kothuis met sy eie ingang en tuin wat ongesteurde beweging en privaatheid van gaste verseker. Strandloper is 600 meter vanaf Wildernis se gewilde sandstrand geleë, maar het nie 'n see-uitsig nie.

Die eenheid het slaapplek vir 4 gaste in 2 slaapkamers en 1 badkamer. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. Die badkamer het 'n stort, wasbak en toilet.

Beddegoed, handdoeke en 'n haardroër is ingesluit.

Die leefarea is oopplan en die kombuis het 'n yskas-vrieskas, mikrogolfoond, stoof-oond, elektriese ketel, broodrooster, kook- en eetgerei. Die sitarea het 'n gemaklike rusbank en 'n TV met sekere DStv-kanale.

Veilige parkeerplek is beskikbaar in die omheinde tuin. Braaigeriewe is beskikbaar en grasperk bied veilige speelplek aan klein kinders.

Die tuin is 'n lushof vir voëls en meer as 70 verskillende voëlspesies is al op die eiendom waargeneem.

Doendinge in die omgewing sluit wandelings langs die strand, voetslaan op staproetes, swem, kanovaart, bergfietsry, valskermsweef, hengel en voëlkyk in.

Kamer-opset

Kapasiteit: 4 Aantal kamers: 2 Aantal badkamers: 1
Slaapkamer 1
Plek vir 2 mense
1 xDubbelbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 mense
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Badkamer

Stort, Toilet

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Braaiplek
  • Gastesitkamer
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Badkamer

  • Stort
  • Toiletware

Eenheidgeriewe

  • Klein kombuis
  • Sitkamer

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Strykyster
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Vermaak

  • Boeke en tydskrifte

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 53 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.6
Waarde vir geld
4.9
Diens
4.9
Veiligheid
4.8
Wat gaste dink
Charlotte V
Saam met vriende
5.0
Netjiese en heerlike huisie by die see. Heerlike huisie by die see. Baie netjiese plek en gasheer en gasvrou baie vriendelik en behulpsaam.
Sep 2024
Vicky V
Saam met lewensmaat
5.0
Tuis gevoel. Netjies en baie goed toegerus. Gevoel soos huis.
Aug 2023
Jeanette W
Saam met lewensmaat
5.0
Onmiddellik tuis gevoel en lekker gebly. Ons is baie vriendelik deur Piet en Marinda ontvang. Die plek is baie netjies en baie goed toegerus. Pragtige...
Sien meer
Apr 2023
Madeleine V
Saam met lewensmaat
5.0
Sentraal. Skoon, netjies, als wat jy nodig het. Het ons baie welkom laat voel.
Apr 2023
Hendrik D
Saam met lewensmaat
5.0
Baie aangename en netjiese verblyf. Ons is baie vriendelik deur Pieter en Marinda ontvang. Die woonstel was uiters netjies en baie goed toegerus. Daar...
Sien meer
Mrt 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Petrus Cornelis Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 53

Op LekkeSlaap 7 jaar

Ligging

  • 2de Laan 605, Wildernis, 6560, Wes-Kaap
  • Gaste dink Strandloper het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R860
per nag, vir 4 mense
Vanaf
Vanaf R860
per nag, vir 4 mense
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 4 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 2de Laan 605, Wildernis, 6560, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAdbb1a57cba05730bd6ecd1978add21b0878b9638b400588d8971ced4bbbdc09ab1f3cf96ff1b79c0da8aa4cd31fbb46eddd5?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R860 per nag, vir 4 mense 53 5 1 5 605 Second Avenue Wilderness 6560 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -33.997405322981 22.620117625062

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang