Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Strandlopertjies Cottage

  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 13:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Kontiki Breederiviermond, Langs die rivier, Infanta, 1234, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 500 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

Strandlopertjies Cottage is 'n lieflike selfsorgkothuis aan die rivierkant by die mond van die Breederivier. Die huis front noord en het 'n wonderskone uitsig op die strand. Al wat tussen jou en die see staan is sowat 15 minute se stap rivierlangs.

Dié kothuis het ’n uitstekende ligging. Gaste kan op die stoep onder die melkhoutbome sit en die ryk voëllewe bewonder, die bote kyk wat verby seil, kyk hoe die gety hoog en laag word, die sonsondergang geniet, of kyk hoe die Bloukraanvoëls met skemer na die oewer van die rivier vlieg om vir die nag hier te rus. Gaste kan ook ’n heerlike braai op die stoep geniet terwyl die son sak.

Strandlopertjies Cottage het 2 dubbelbeddens (een in die hoofslaapkamer en een in die sitarea), 'n dubbelstapelbed (in die kleiner tweede kamer) en 'n badkamer met 'n sort, toilet en wasbak. Die kombuis is toegerus met 'n yskas, mikrogolf, stoof en oond. Daar is ook houtkaggel, wat koel winteraande 'n lekker knus atmosfeer kan gee.

Neem asseblief kennis dat daar geen winkels naby is nie, slegs ’n klein plaaswinkeltjie om die basiese goedere te koop, en daar is ook nie 'n TV nie. Die laaste uur van die pad wat jy moet ry is 'n grondpad van Swellendam na Bredasdorp. Dis gewoonlik in 'n goeie toestand, maar soms kan die toestande effens rof wees. Jy het nie 'n 4x4 nodig nie.

Let asb. ook daarop dat daar geen munisipale dienste in die area is nie, en gaste word versoek om hul eie vullissakke na die vullisgate sowatee 2 km van die kothuis af te neem. Gaste moet asb. hul eie linne en handdoeke saambring, slegs duvets en kussings sonder slope word voorsien.

As jy op soek is na 'n eetplek besoek gerus die Breederivier Lodge. Hulle is bekend vir hul seekos. Of besoek die baie gewilde Bush Pub wat net sowat 15 km stroom-op geleë is. Strandlopertjies is slegs 40 minute vanaf De Hoop Natuurreservaat wat bekend is vir sy ryk voëllewe. Die laaste ponton in die land is slegs 20 minutes se ry van ons af in die skilderagtige Malgas.

Aas (bloedwurms en garnale) kan ook gedurende laagwater reg voor die kothuis gepomp word. 'n Heerlike, vars visgereg is amper gewaarborg gedurende jou verblyf by ons. 'n Boot kan ook reg voor die kothuis geanker word. En gaste kan reg voor die kothuis lyn natmaak.

Die Breederiviermond word beskou as een van die 10 beste plekke ter wêreld vir vlieërbranderry. Dit is ook ideaal vir seilvaarte, kajakvaarte, visvang, vlieghengel, voetslaan, swem en snorkel. Dié plek is 'n paradys vir kinders en hulle kan veilig swem reg voor die kothuis.

As jy nie juis ’n buitemuurse persoon is nie en meer van inkopies en laatnagpartytjies hou, is dit nie die plek vir jou nie.

As jy ’n avonturier is wat lief is vir die stil, rustige natuur, sal Strandlopertjies Cottage jou paradys wees!

Kamer-opset

Slaapplek vir 6 mense 1 Slaapkamer 1 Badkamer

Slaapkamer

2

1 x Dubbelbed

Leefarea

2

1 x Dubbelbed

Leefarea

2

1 x Stapelbed

Badkamer

Stort, Toilet

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek

Geriewe

  • Braaiplek
  • Gastesitkamer
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Selfsorg

Aktiwiteite op perseel

  • Kunsvlieghengel
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildkyk
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Kunsvlieghengel
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildkyk
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Nederlands

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Badkamer

  • Stort

Eenheidgeriewe

  • Verekombers

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Vermaak

  • Boeke en tydskrifte

Resensies

4.4/ 5

Gebaseer op 27 resensies

Baie goed

Netheid
4.2
Ligging
4.6
Waarde vir geld
4.3
Diens
4.4
Veiligheid
4.7
Gaste se hoogtepunte
Marius B
Gesin met tieners
5.0
Relaxing. We had a lovely time, the weather was amazing, and the owners are very friendly and welcoming.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Jun 2024
Kyle B
Saam met vriende
5.0
Rustic tranquility. We loved our stay and the cottage is even better than the photos. It had everything you needed. A short walk to the...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Des 2023
Sanmari S
Saam met lewensmaat
5.0
Amazing views and comfortable acomadation. The stay was very nice.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Jun 2023
Robbie K
Saam met lewensmaat
5.0
Stunning & private location. When can we move in?!! It's like driving into a forgotten corner of the Cape with stunning river views and...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Mei 2023
Ludi E
Gesin met tieners
5.0
Kon ontspan en net rustig wees,. Die eienaars het ons ontvang en was baie gasvry. Die verblyf is baie skoon en goed uitgelê om 6 mense te kan huisves....
Sien meer
Jan 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.6/5

Stella Geverifieer

Eiendomme 2

Resensies 76

Op LekkeSlaap 11 jaar

Ligging

  • Kontiki Breederiviermond, Langs die rivier, Infanta, 1234, Wes-Kaap
  • Gaste dink Strandlopertjies Cottage het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Tuinroete Wes-Kaap
Vanaf
Vanaf R1 500
per nag (plek vir 6)
Vanaf
Vanaf R1 500
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 13:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Kontiki Breederiviermond, Langs die rivier, Infanta, 1234, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDVkMjRmZDY2LTU1ODgtNDI0Ny1hOTUwLWMyMmVjMjY3YTAzYQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 500 per nag (plek vir 6) 27 5 1 5 Kontiki Breede River Mouth Along the River 1234 Wes-Kaap 021 201 8901 13:00-22:00 10:00 -34.405954465893 20.825364599314

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang