Strandmeer 34
- Kapasiteit: 8 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 23:00
Uitkloktyd: 09:00 - Adres: Keurboomsrivierweg, Strandmeer Private Estate, Keurbooms, 6600, Wes-Kaap
- Vanaf R4 230 per nag (plek vir 8)
Beskrywing
Strandmeer 34 is 'n dubbelverdiepinghuis op die Strandmeer Privaat Landgoed waar al die huise in 'n groot tuin met inheemse bome geleë is en plante die paaie en voetpaadjies raam. Dit bied 'n natuurlike omgewing om in te ontspan.
Hierdie dubbelverdiepinghuis met 'n houtvloer bied gerieflike kothuis-styl verblyf aan vakansiegangers. Die huis het slaapplek vir 8 volwassenes en beskik oor 5 slaapkamers, 3 badkamers en 'n oopplan-kombuis, -eetarea en -leefarea.
Daar is 3 slaapkamers en 2 badkamers bo. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die en suite-badkamer het 'n bad, stort, toilet en 'n wasbak. Daar is 'n koningingrootte-bed en 'n enkelbed vir 'n kind in die tweede slaapkamer. Die derde slaapkamer is kleiner en het 'n spitsdak en 'n koningingrootte-bed ? dit is ideaal vir 'n kind. Die badkamer wat deur die tweede en derde kamers gedeel word het skakeldeure na albei hierdie slaapkamers en bied 'n stort, toilet en 'n wasbak. Die sitarea op hierdie verdieping bied toegang tot 'n dek met stoepmeubels, 'n hangmat en 'n ketelbraai. Gaste kan 'n uitsig oor die Keurboomsrivier en op die omliggende berge van hier af geniet.
Daar is 2 slaapkamers, 1 badkamer en 'n kombuis- en leefarea onder. Die vierde slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die vyfde slaapkamer het 'n dubbelbed. Daar is 'n stort, toilet en 'n wasbak in die badkamer. Die kombuis is met 'n yskas-vrieskas, stoof, oond, ketel en koffiemasjien toegerus en daar is sitplek vir 5 gaste by die toonbank. Die eetarea het 'n ronde etenstafel met sitplek vir 6 gaste en die sitarea het sitplek, 'n platskerm-TV en bied toegang tot 'n stoep met 'n Jacuzzi en 'n ingeboude braai.
Daar is genoegsame onderdakparkeerplek op die perseel vir 2 tot 3 voertuie. Inwoners het toegang tot 'n gemeenskaplike swembad, 'n tennisbaan met spreiligte en 'n area waar die inwoners hul bote ter water kan laat.
Gaste kry toegang tot die landgoed via Keurboomsrivierweg, sowat 6 km noord van Plettenbergbaai langs die N2.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Toilet
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Badkamer
Stort, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.6/5
Venita Geverifieer
Eiendomme 22
Resensies 27
Op LekkeSlaap 7 jaar
Ligging
- Keurboomsrivierweg, Strandmeer Private Estate, Keurbooms, 6600, Wes-Kaap
- Gaste dink Strandmeer 34 het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Keurboomstrand Plettenbergbaai Tuinroete Wes-Kaap
- Kapasiteit: 8 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 23:00
Uitkloktyd: 09:00 - Adres: Keurboomsrivierweg, Strandmeer Private Estate, Keurbooms, 6600, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang