Strandveldt Beach House
- Kapasiteit: 8 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 13:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 12:00 - Adres: Seemanswegpad 33, Suiderstrand, Agulhas, 7280, Wes-Kaap
- Vanaf R3 000 per nag (plek vir 8)
Beskrywing
Strandveldt Beach House is in die bekoorlike kusdorpie Suiderstrand in die Kaap Agulhas Nasionale Park geleë. Dit word deur ongerepte fynbos omring en is naby verskeie beskutte strande, oeroue visfuike en 'n natuurlike getypoel. Die pragtige dekor en ruim uitleg maak hierdie seefront-vakansiehuis 'n ongelooflike toevlugsoord. Dit bied 'n pragtige uitsig oor die fynbosplantegroei, die Atlantiese Oseaan en op die Bredasdorpberge.
Die pragtige huis bied slaapplek aan 8 gaste en beskik oor 4 smaakvolle slaapkamers, 3 badkamers en 'n aparte toilet. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n bad, stort, wasbak en toilet. Die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed en die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens. Gaste in laasgenoemde twee slaapkamers deel 'n badkamer met 'n stort, wasbak en toilet. Die vierde slaapkamer het 'n dubbelbed en gaste in hierdie slaapkamer gebruik die tweede gastebadkamer met 'n stort, wasbak en toilet. Daar is ook 'n gastetoilet op die boonste verdieping. Linne en handdoeke word voorsien.
Die oopplan-leefarea is op die grondverdieping en beskik oor 'n moderne kombuis, eetarea en sitarea. Die kombuis is met 'n yskas-vrieskas, gasstoof, elektriese oond, mikrogolf, basiese eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Dit lei na die eetkamer met 'n etenstafel met 10 stoele en 'n sitarea met gemaklike rusbanke en 'n kaggel. Die leefarea op die boonste verdieping het 'n pooltafel, klavier en tweede sitarea. Dit lei na balkonne voor en agter die huis met 'n onbelemmerde see-uitsig. Bordspeletjies sluit 'n skaakstel, scrabble, monopolie en 30 Seconds in. Gratis WiFi is beskikbaar.
Die huis het ook 'n omheinde voortuin wat ideaal is vir sonbaai op die dekstoele, lang kuiers om 'n braaivleisvuur, boules op die grasperk, voëlkyk of net ontspan. Daar is 'n omsetter wat krag aan die ligte voorsien.
Daar is baie stap- en fietsryroetes vir aktiewe gaste en natuurliefhebbers, soos die Kaap Agulhas Natuurreservaat. In nabygeleë Agulhas is daar 'n tennisbaan, rolbal en 'n getypoel. Die verblyf is ook naby die mees suidelike punt van Afrika en die Kaap Agulhas Lighuis. Black Oyster Catcher Wines is ongeveer 45 km ver en die Earth-restaurant is 16 km ver.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Dubbelbed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Badkamer
Stort, Toilet
Badkamer
Stort
Badkamer
Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
5/5
Thelma Anne Nuut op LekkeSlaap!
Eiendomme 1
Resensies 2
Op LekkeSlaap 10 maande
Ligging
- Seemanswegpad 33, Suiderstrand, Agulhas, 7280, Wes-Kaap
- Gaste dink Strandveldt Beach House het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Agulhas Struisbaai Overberg Wes-Kaap
- Kapasiteit: 8 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 13:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 12:00 - Adres: Seemanswegpad 33, Suiderstrand, Agulhas, 7280, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang