Stroke-One-Inn
- Kapasiteit: 8 persone
- Geen kinders onder 12
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Harvey-straat 89, Umkomaas, 4170, KwaZulu-Natal
- Vanaf R1 140 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Stroke-One-Inn bied B&B-verblyf, warm gasvryheid en gholf op 'n pragtige, rustige ligging langs die derde putjie van die Umkomaas Gholfbaan in die Suidkusdorpie, Umkomaas. Of jy vir sakedoeleindes reis of net van die stad se gemaal wil ontsnap, maak Stroke-One-Inn jou bestemming.
Verblyf is beskikbaar in 2 Koninginkamers, 'n Koningin-suite, en 'n 2-Enkelbed- en Koningkamer, elk met hul eie en suite-geriewe. Elke eenheid het lugversorging, 'n TV, 'n yskassie en tee- en koffiemaakgeriewe.
Die kamers word daagliks skoongemaak en daar is 'n wasgoeddiens op versoek beskikbaar.
Ontbyt kan elke oggend in die eetarea geniet word waar daar ook 'n snoekertafel is. Buite is 'n stoep met buitemeubels en braaigeriewe, asook 'n swembad met sonstoele.
Buiten die feit dat die B&B langs die pragtige Umkomaas Gholfbaan geleë is, is die warm Indiese Oseaan ook net 'n kort entjie se stap ver. Die area spog met mooi strande, goeie hengelgeleenthede en, natuurlik, die Aliwalbank, waar duikentoesiaste van plaaslike duikskole en huurbote se dienste gebruik kan maak. Die area is ook die tuiste van nie minder as vyf 18 putjie-gholfbane binne 20 minute se ry nie.
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
5/5
Cathy Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 1
Op LekkeSlaap 3 jaar
Ligging
- Harvey-straat 89, Umkomaas, 4170, KwaZulu-Natal
- Gaste dink Stroke-One-Inn het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Mid-Illovo Suidkus KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 8 mense
- Geen kinders onder 12
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Harvey-straat 89, Umkomaas, 4170, KwaZulu-Natal
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang