Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Strydom's Accommodation

  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Buitekantstraat 53, Malmesbury, 7300, Wes-Kaap
  • Vanaf R650 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Strydom's Accommodation in Malmesbury bied 3 kamers. Die kamers het elkeen 'n privaat ingang met parkeerplek binne die perseel. Dis ideaal vir reisigers wat deurreis en op soek is na 'n gerieflike oornagplek.

Kamer 1 het 'n koninggrootte-bed en volledige en suite-badkamer. Toegerus met 'n tafel en twee stoele, TV, ketel, mikrogolf, tweeplaatstoof, yskassie, eetgerei en breekware en genoeg kaste vir al jou klere.

Kamer 2 is toegerus met 'n dubbelbed en en suite-badkamer met 'n stort. Daar is 'n TV, ketel, mikrogolf, tweeplaatstoof, yskassie, eetgerei en breekware.

Kamer 3 is toegerus met 2 driekwartbeddens en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Verder is daar 'n TV, ketel, mikrogolfoond, tweeplaatstoof, 'n yskassie, eetgerei en breekware.

Braaigeriewe is beskikbaar en WiFi is ingesluit.

Die perseel word nie deur beurtkrag geraak nie aangesien die ligte en muurproppe aan 'n omskakelaarstelsel gekoppel is.

Strydom's Accommodation is 66 km vanaf Kaapstad se middestad wat dit ideaal maak vir 'n naweekwegbreek met doendinge soos wynproe en uitstekende staproetes. Die gasteverblyf is naby winkels en restaurante.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Konferensiegeriewe

  • Lugversorging
  • Internet
  • Televisie

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • 24-Uur Sekuriteit
  • Agter Elektriese Hek
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Resensies

4.1/ 5

Gebaseer op 27 resensies

Baie goed

Netheid
4.1
Ligging
4.0
Waarde vir geld
4.0
Diens
4.0
Veiligheid
4.3
Gaste se hoogtepunte
Caron L
Saam met vriende
5.0
Clean and comfortable. The room was clean and comfortable. Would definitely stay there again.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Okt 2024
Portia M
Saam met lewensmaat
5.0
So tranquil. The place was too peaceful and private.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Jun 2024
Salomien W
Saam met vriende
5.0
Lovely place to stay. We enjoyed our stay. Friendly and accommodating staff that goes the extra mile. Thank you for the great service.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Apr 2024
Irené V
Saam met lewensmaat
5.0
Tevrede. Die diens was uitstaande.
Mrt 2024
Shane L
Besigheidsreis
5.0
Value for money. Very good, will stay here in the future.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Mrt 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.1/5

Armandt Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 27

Op LekkeSlaap 2 jaar

Ligging

  • Buitekantstraat 53, Malmesbury, 7300, Wes-Kaap
  • Gaste dink Strydom's Accommodation het ’n goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 650
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R 650
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Buitekantstraat 53, Malmesbury, 7300, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAd48c5065d6d0963f8457c9b1c64371945e28f79cbf137f1f1c048a3cc0b3a51b0d317bc8fcd178366d1528aa5fccd425758a?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R650 per nag, vir 2 mense 27 5 1 5 53 Buitekant Street Malmesbury 7300 Wes-Kaap 021 201 8901 15:00-19:00 10:00 -33.457862160533 18.719454944775

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang