Studio 39
- Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 2 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 12:00 tot 21:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Bokmakerie 39, Lower old place, Knysna, 6570, Wes-Kaap
- Vanaf R750 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
Studio 39 is 'n lieflike selfsorg-ateljeewoonstel met 'n privaat ingang op die eienaar se perseel in Knysna. Dit is ideaal vir sakereisigers en vakansiegangers wat op soek is na 'n gerieflike basis tydens hul besoek aan hierdie gesogte kusdorpie.
Dié eenheid het slaapplek vir 2 volwassenes en 1 baba en het 'n koningingrootte-bed. 'n Addisionele bababedjie is op versoek beskikbaar. Die en suite-badkamer het 'n stort, wasbak en 'n toilet. Linne en badhanddoeke word voorsien, maar gaste moet hul eie swemhanddoeke saambring.
Die kombuisie is met 'n yskassie, mikrogolf, lugbraaier, eetgerei, breekware, koffie- en teemaakgeriewe en 'n toonbank met stoele toegerus. Die eenheid het ook 'n slim-TV. WiFi is beskikbaar.
Daar is 'n privaat stoep met sitplek en 'n gasbraai. Veilige parkeerplek is op die perseel beskikbaar. Hierdie verblyf is naby 'n verskeidenheid winkels en restaurante.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Ligging
- Bokmakerie 39, Lower old place, Knysna, 6570, Wes-Kaap
- Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 2 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 12:00 tot 21:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Bokmakerie 39, Lower old place, Knysna, 6570, Wes-Kaap