Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Studio@1282

Weeksdagaanbod 25% af

Bly 4 nagte en betaal slegs vir 3 op enige bespreking wat nie 'n Vrydag- of Saterdagaand insluit nie. Geldig vir verblyf vanaf 1 Sep 2024 tot 30 Sep 2024.

  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 2 persone
  • Geen kinders
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Cunningham-laan 1282, Waverly, Pretoria, 0135, Gauteng
  • Vanaf R800 R600 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Studio@1282 is 'n knus ateljee-eenheid met 'n privaat ingang in Waverly, Pretoria.

Die verblyf het sonkrag en word dus nie deur kragonderbrekings of beurtkrag geraak nie.

Hierdie ateljee bied slaapplek aan 2 gaste en spog met 'n lugtige oopplan-slaaparea met 'n koningingrootte-bed, oorgenoeg kasspasie en 'n dakwaaier. Die en suite-badkamer het 'n groot stort, 'n toilet en 'n wasbak.

Die eenheid het 'n kombuis wat met 'n mikrogolfoond, yskassie, ketel, broodrooster, eetgerei en breekware toegerus is. Sakereisigers sal die werksarea, gerieflike leefarea met gemaklike rusbanke en 'n platskerm-TV met Netflix en YouTube waardeer. Gratis WiFi is ook beskikbaar.

Verder bied Studio@1282 se ligging maklike toegang tot groot vervoerroetes soos die N1, hospitale en die Universiteit van Pretoria en is dus ideaal vir reisigers wat op soek is na gemak en gerief.

Rook binnenshuis is verbode. Gaste kan wel in die aangewese area buite rook.

Verantwoordelike troeteldiereienaars en hul honde is welkom. Die verblyf is honde-vriendelik mits dit vooraf so gereël is vir maksimum 2 klein hondjies. Geen reëling, geen hond. Let asb. dat 'n troeteldierfooi gehef sal word.

Kamer-opset

Kapasiteit: 2 Aantal kamers: 1 Aantal badkamers: 1
Slaapkamer
Plek vir 2 mense
1 xKoningingrootte-bed
Badkamer

Stort, Toilet

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Troeteldiere indien gereël
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Voëlkyk
  • Bergfietsroetes

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • 24-Uur Sekuriteit
  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Badkamer

  • En-suite
  • Stort

Eenheidgeriewe

  • Elektriese kombers
  • Waaier
  • Klein kombuis
  • Sitkamer

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Strykyster
  • Mikrogolfoond
  • Stoof

Vermaak

  • Tv

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 23 resensies

Uitstekend

Netheid
5.0
Ligging
4.9
Waarde vir geld
5.0
Diens
5.0
Veiligheid
4.9
Wat gaste dink
Derik E
Saam met lewensmaat
5.0
Hulle sal ons beslis weer sien. Alles was gerieflik, skoon en netjies. Die gasvrou was vriendelik. Sal beslis weer hier bly as ons weer in die area is...
Sien meer
Jun 2024
Benedict V
5.0
N/a. It was very nice and peaceful.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Apr 2024
Hennie V
Saam met lewensmaat
5.0
Alles wat jy nodig het. Hulle het aan alles gedink. Dit was ver bo ons verwagting gewees.
Mrt 2024
Marian V
Saam met lewensmaat
5.0
Heerlike oasis! Dit is 'n pragtige plek, net soos die foto's. Alles was skoon en netjies. Die gasvrou doen regte moeite met alles in die kamer, tot en...
Sien meer
Mrt 2024
Bruni L
5.0
Wou nog langer bly as ek kon! Baie lekker gebly in 'n mooi, skoon en veilige studio!
Mrt 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Elize Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 23

Op LekkeSlaap 1 jaar

Ligging

  • Cunningham-laan 1282, Waverly, Pretoria, 0135, Gauteng
  • Gaste dink Studio@1282 het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R800
R800 R600
per nag (plek vir 2)
Vanaf R800
R800 R600
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 2 mense
  • Geen kinders
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Cunningham-laan 1282, Waverly, Pretoria, 0135, Gauteng
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA6976c62b91aa34eba48c1356a859f57442482b132e7d24d4269684d7f3f802e11cbde039f74d49da8704dc24f68b8f7fb0af?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R800 nouVanaf R600 per nag (plek vir 2) 23 5 1 5 1282 Cunningham Avenue Waverley 0135 Gauteng 021 201 8901 14:00-21:00 10:00 -25.702173060829 28.252777388625

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang